Vlag van die Turks- en Caicos-eilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van die Turks- en Caicos-eilande
Vlag van die Turks- en Caicos-eilande
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en staatsvaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 7 November 1968[1]
Ontwerp ’n Blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.

Die nasionale vlag van die Turks- en Caicos-eilande is op 7 November 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.

Die drie simbole op die wapenskild van die Turks- en Caicos-eilande is ’n kaktus, kreef en ’n nautilusskulp.

Soos baie ander Britse oorsese gebiede was die vorige vlag van die Turks- en Caicos-eilande ’n blou Britse vaandel met ’n skyf aan die wapperkant waarop ’n skip en ’n strand was, met die naam van die gebied daaronder. Op die vlag van die Turks- en Caicos-eilande was daar ’n man op die strand wat tussen twee hope sout gewerk het.

Ander vlae[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Turks- en Caicos-eilande by Flags of the World. URL besoek op 19 April 2010
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: