Ekonomiese streek Wolga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die ekonomiese streek Wolga in Rusland.

Die ekonomiese streek Wolga (Russies: Пово́лжский экономи́ческий райо́н, Powolzjski ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Masjienbou is die belangrikste ekonomiese sektor. Dit bestaan uit die motor- en lugvaartnywerheid, die vervaardiging van gereedskap, landbouwerktuie ens. Ander belangrike sektore is die petrochemiese en chemiese nywerheid, wat spesialiseer in die vervaardiging van bande, rubberdele, vesels en ander produkte. Dit hou nou verband met die olie- en gasnywerheid.

Daar is ’n paar groot waterkragsentrales, die kernkragsentrale Balakowo en termiese sentrales.

Die streek is 536 400 km2 groot en die bevolking is 16,5 miljoen volgens die 2002-sensus.Sowat 73 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 31/km2.

Deelgebiede[wysig]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Flag of Astrakhan Oblast.svg Astrachan-oblast
  2. Flag of Kalmykia.svg Kalmikië
  3. Flag of Ulyanovsk Oblast.png Oeljanofsk-oblast
  4. Flag of Penza Oblast.png Penza-oblast
  5. Flag of Samara Oblast.svg Samara-oblast
  6. Flag of Saratov Oblast.png Saratof-oblast
  7. Flag of Tatarstan.svg Tatarstan
  8. Flag of Volgograd Oblast.svg Wolgograd-oblast

Verwysings[wysig]

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg