Kaliningrad-oblast

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaliningrad-oblast
Калининградская область (ru)
Kaliningrado sritis (lt)


Obwód kaliningradzki (pl)
Kaliningrader Gebiet (de)

Die ligging van Kaliningrad-oblast in Rusland.
Die ligging van Kaliningrad-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Flag of Russia.svg Russiese Federasie
Federale distrik Noordwestelike
Ekonomiese streek Kaliningrad
Stigting 7 April 1946
Regering
Hoofstad Kaliningrad
Leier Nikolai Zukanof
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 941 873
Volgorde 56ste
Digtheid 62,38/km2
Stedelik 77,6%
Plattelands 22,4%
Statistiek
Oppervlakte 15 100 km2
Volgorde 76ste
Tydsone UTC+04:00
Registrasienommer 39, 91
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://gov39.ru/
Wapen en vlag
Kaliningrad Oblast Coat of Arms 2006.svg

Flag of Kaliningrad Oblast.svg
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Die Kaliningrad-oblast (Russies: Калининградская область/Kaliningradskaja oblast) is die mees westelike en ook die kleinste gebied van die Russiese Federasie met 'n oppervlakte van 15 125 vierkante kilometer (0,1% van die totale oppervlakte van die Russiese Federasie) en 'n bevolking van 941 000 (2010). In Rusland word na die gebied vanweë sy beduidende voorkomste aan barnsteen dikwels ook as "Barnsteenland" (Russies Янтарный Край) verwys.

Die administratiewe sentrum van die oblast is Kaliningrad (vroeër Königsberg/Koningsberg). Die gebied behels die noordelike derde van die voormalige Pruisiese provinsie Oos-Pruise (dit wil sê die provinsie se voormalige grondgebied met die uitsondering van die Memelland, Ermland, Masoere en Oberland/Prusy Górne). Dit grens in die noorde aan Litaue en in die suide aan Pole; die kuslyn aan die Oossee strek oor 'n afstand van 140 kilometer. Die gebied is 'n Russiese eksklawe wat naas Pole en Litaue ook deur die grondgebied van Letland en Wit-Rusland van die res van die Russiese Federasie afgesny is. Die belangrikste landverbinding met die Russiese kerngebied loop deur Litaue en Wit-Rusland.

As setel van die Baltiese Vloot speel die gebied 'n beduidende rol vir Rusland. Ongesuiwerde industriële afloopwater uit die oblast skep 'n omgewingsvraagstuk vir die strandmeer Koerse Haf wat gedeeltelik op Litause grondgebied lê.

Verwysings[wysig]

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg