Nowosibirsk-oblast

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nowosibirsk-oblast
Новосибирская область
Die ligging van Nowosibirsk-oblast in Rusland.
Die ligging van Nowosibirsk-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Flag of Russia.svg Russiese Federasie
Federale distrik Siberiese
Ekonomiese streek Wes-Siberiese
Stigting 28 September 1937
Regering
Hoofstad Nowosibirsk
Leier Wasili Joertsjenko
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 2 665 911
Volgorde 16de
Digtheid 14,96/km2
Stedelik 77,3%
Plattelands 22,7%
Statistiek
Oppervlakte 178 200 km2
Volgorde 18de
Tydsone UTC+07:00
Registrasienommer 54
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.nso.ru
Wapen en vlag
Coat of arms of Novosibirsk oblast.svg

Flag of Novosibirsk oblast.svg
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Nowosibirsk-oblast (Russies: Новосиби́рская о́бласть, Nowosibirskaja oblast) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê in die suidweste van die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Nowosibirsk.

Geografie[wysig]

Nowosibirsk-oblast lê in die suidooste van die Wes-Siberiese Laagland, tussen die riviere Ob en Irtisj. Dit grens aan Omsk-oblast in die weste, Tomsk-oblast in die noorde, Kemerowo-oblast in die ooste en Altai-krai en Kazachstan in die suide. Dit strek oor meer as 600 km van oos na wes en 400 km van noord na suid.

Dit bestaan hoofsaaklik uit vlaktes; in die suide kom veral steppe voor en in die noorde woude en moerasse. Daar is baie mere – die grootstes is Tsjani, Sartlan en Oebinskoje.

Natuurlike hulpbronne[wysig]

Karachinskaya-mineraalwater.

Die streek het baie olie- en gasreserwes, verskeie metale asook antrasiet en steenkool. Mineraalwater-reserwes is sowat 6 948 kubieke meter per dag; die gewilde Karachinskaya-mineraalwater kom uit dié streek.[1]

Weens die 4 531 800 hektaar woude is hout ook ’n belangrike produk, maar die ekonomiese potensiaal daarvan word belemmer deur die feit dat die meeste van die woude in die noorde lê, in gebiede wat moeilik bereikbaar is.[1]

Demografie[wysig]

Volgens die 2002-sensus bestaan 93% van die bevolking uit Russe. Daar is ook Duitsers (1,8%), Oekraïners (1,3%), Tartare (1%) en ’n paar ander volke wat elk minder as 1% van die bevolking uitmaak.

Die grootste stede is Nowosibirsk (met ’n bevolking van 1 379 000), Berdsk (91 900), Iskitim (63 800) en Koeibisjef (48 500).[1]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 (2008) “Novosibirsk Oblast”, Russia: All Regions Trade & Investment Guide. CTEC Publishing LLC. 
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

Koördinate: 55°27′N 79°33′O

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg