Vlag van Benin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Benin
Vlag van  Benin
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 4 Desember 1958, 1 Augustus 1990
Ontwerp Die vlag is vertikaal verdeel met ’n groen baan aan die vlagpaalkant. Die wapperkant is horisontaal gedeel met geel bo en rooi onder.

Die nasionale vlag van Benin is aanvanklik op 4 Desember 1958 amptelik in gebruik geneem. Die vlag is vertikaal verdeel met ’n groen baan aan die vlagpaal kant; die wapperkant is horisontaal in die helfte gedeel met ’n geel baan bo en ’n rooi baan onder.

Simboliek[wysig]

Groen simboliseer hoop, rooi simboliseer moed en geel simboliseer rykdom. ’n Ander interpretasie stel dit dat groen die vrugbare suide simboliseer, rooi simboliseer die grond en die bloed van die generasies wat vir vryheid geveg het en geel simboliseer die savanne in die noorde van die land.[1]

Ontwerp[wysig]

Met die aanvaarding van ’n Marxistiese regering in 1975 is die vlag verander, maar na die regering weer nie-Marxisties geword het, is die vlag terug verander en op 1 Augustus 1990 weer in gebruik geneem. Die kleure van die vlag is in die Pan-Afrika kleure van groen, rooi en geel.

Ander vlae[wysig]

Toe ’n Marxistiese regime onder leiding van Mathieu Kérékou deur middel van ’n staatsgreep daargestel is in 1972 is die oorspronklike vlag aanvanklik aanvaar. In 1975 het die land egter sy naam verander na die Volksrepubliek van Benin (genoem na ’n ryk in Afrika wat van die veertiende tot die negentiende eeu bestaan het). Daarmee saam is ’n nuwe vlag aangeneem. Dit was ’n groen vlag met ’n rooi ster in die skildhoek. In 1989 het Kérékou afgesweer van die Marxisme en op 1 Augustus 1990 is die ou vlag weer aanvaar en daar is besluit om die naam van die land amptelik te verander na Benin.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Benin (kategorie)
  • (en) Benin by Flags of the World

Verwysings[wysig]

  1. (en) Benin by Flags of the World. URL besoek op 29 Januarie 2010