Vlag van Kaap Verde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Kaap Verde
Vlag van  Kaap Verde
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 22 September 1992
Ontwerp ’n Blou agtergrond met ’n rooi baan met wit fraaiings in die onderste helfte en tien geel sterre in ’n sirkel.

Die nasionale vlag van Kaap Verde is op 22 September 1992 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou agtergrond met ’n dun rooi baan met wit fraaiings (wat so breed is soos die rooi baan) op die onderste helfte van die vlag. Daar is tien geel vyfpuntige sterre aan die vlagpaalkant van die vlag in ’n sirkelvorm. Die kleurverhouding van die vlag is 6:1:1:1:3 (blou:wit:rooi:wit:blou) en die middelpunt van die sterresirkel is 3/8 in die lengte van die vlag van die vlagpaalkant af.

Simboliek[wysig]

Die sterre op die vlag stel die tien eilande voor wat aan die weskus van Afrika lê. Die sirkel waarin die sterre lê stel die eenheid van die Kaap Verdiese nasie voor, maar verwys ook na ’n seekompas en die stuur van ’n skip. Die blou op die agtergrond stel die see en lug voor, die wit-rooi-wit bane stel die weg na ontwikkeling en vooruitgang deur die mense van Kaap Verde voor. Afsonderlik stel wit vrede voor en rooi die inspanning van die mense.

Verhouding[wysig]

Die grondwet van die Republiek[1] geen nie spesifikasies vir die amptelike verhouding van die vlag lengte en wydte van dei vlag nie. Die dimensies van die dele wat die vlag uitmaak word wel gegee, maar is proporsioneel tot die kante van die vlag. Die verhouding wat die algemeenste voorkom is 2:3[2], wat dieselfde verhouding is van die vlag wat tussen 1975 en 1992 gebruik is. GEvolglik is die verhouding van 2:3 die de facto (maar nie die de jure) verhouding van die vlag.

Ander vlae[wysig]

Die oorspronklike vlag is met onafhanklikheid in 1975 aanvaar. Dit is die eerste keer op 3 Julie 1975 gehys en op 19 April 1976 amptelik in gebruik geneem. Die kleure van hierdie vlag was ook die Pan-Afrika kleure van rooi, groen en geel. Die vlag is identies aan die vlag van Guinee-Bissau behalwe vir die wapenfiguur in die vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant. Albei die vlae is gebaseer op die PAIGC-vlag en die ooreenstemming in die vlae het ’n vereniging van die twee lande voorgestel. Dit is egter laat vaar kort na Kaap Verde se onafhanklikheidwording.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.