Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 20 November 2018
Hier is tans 66 226 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Oostelike Noord-Amerika in 1775, met die Britse Provinsie van Quebec, die Dertien Kolonies langs die Atlantiese kus en die Indiane-reservaat soos bepaal deur die Koninklike Proklamasie van 1763. Die "Proklamasie-grenslyn" van 1763 vorm die grens tussen die gebiede wat op die kaart in rooi en pienk aangedui word, terwyl gebiede, waarop Spanje aanspraak gemaak het, oranje gekleur is.

Die Amerikaanse Rewolusie verwys na die tydperk gedurende die tweede helfte van die 18de eeu, toe die Dertien Kolonies – wat later as die Verenigde State van Amerika sou bekend staan – hulle onafhanklikheid van die Britse Ryk gekry het.

In hierdie periode het die Kolonies hulle onderlinge geskille laat staan en gesamentlik in opstand teen die Britse heerskappy gekom. Een van die hoofredes hiervoor was die Britse ekonomiese beleid ten opsigte van die Noord-Amerikaanse kolonies. Die koloniste se eie Puriteinse erfenis en die vryheidsteorieë van die Verligting het ook 'n groot rol gespeel. Die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog het gevolg en vanaf 1775 tot 1783 geduur. Die oorlog het sy hoogtepunt met die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring in 1776 en die Kolonies se militêre oorwinning in 1781 bereik.

Frankryk het 'n beduidende rol in die oorlog gespeel, onder meer as die organiseerder van 'n anti-Britse koalisie. Die Franse het die Amerikaners van geld en ammunisie voorsien en 'n vloot en troepe na Amerika gestuur wat 'n beslissende rol in die Slag en Beleg van Yorktown gespeel het. Met hulle neerlaag naby Yorktown was die stryd vir die Britte verlore. Die alliansie met Frankryk het meegebring dat ook Spanje en die Nederlandse Republiek later tot die oorlog toegetree het, ter ondersteuning van die Amerikaners.

Die Amerikaanse Rewolusie het met 'n aantal verreikende intellektuele en sosiale veranderings in die Amerikaanse samelewing gepaard gegaan en onder meer die ideale van republikanisme onder die koloniale bevolking laat posvat. In 'n aantal deelstate is vurige debatte oor die rol van demokrasie in die regeringstelsel gevoer. Die republikeinse en demokratiese gedagtes het die ou tradisionele sosiale hiërargie omvergewerp en aanleiding gegee tot 'n nuwe etiek wat die grondbeginsel van Amerika se politieke waardes sou vorm.

Die rewolusionêre periode het in 1763 begin, toe die Franse militêre bedreiging aan die Brits-Noord-Amerikaanse kolonies beëindig is. Groot-Brittanje was vasbeslote om die koste van die oorlog teen Frankryk ten minste gedeeltelik deur die kolonies te laat dra en het 'n aantal nuwe belastings begin hef. Hierdie maatreëls was baie ongewild en is deur die setlaars selfs as onwettig beskou, aangesien hulle nie oor 'n verkose politieke verteenwoordiging in die Britse parlement beskik het nie.

Nadat onluste in Boston uitgebreek het, is Britse troepe teen die opstandelinge uitgestuur, terwyl die setlaars hulle burgermag gemobiliseer het. In 1775 het die eerste gevegte tussen Britte en Amerikaners plaasgevind. Sowat 'n sesde of vyfde van die Amerikaanse bevolking was nog steeds lojaal gesind teenoor die Britse gesag, maar die Amerikaanse Patriotte het steeds tussen 80 en 90 persent van die koloniale gebied beheer, terwyl die Britse magsgebied tot 'n aantal nedersettings langs die Atlantiese kus beperk was.

In 1776 het die afgevaardigdes van die dertien kolonies die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring eenstemmig aanvaar en die Verenigde State van Amerika gestig. Dié Onafhanklikheidsverklaring sou later die basis vorm van die Grondwet wat in 1787 opgestel is. Danksy hulle politieke en militêre verbond met Frankryk het die Kolonies uiteindelik 'n oorwinning oor die Britte gehaal en in die Vrede van Parys is die Amerikaanse onafhanklikheid in 1783 deur Groot-Brittanje amptelik erken.

Die nuwe grondwet het voorsiening gemaak vir 'n groot mate van outonomiteit vir elk van die nuwe state. Alhoewel die rewolusie politieke veranderings meegebring het, het die land weinig verskil in sy sosiale en ekonomiese groei gesien. Die werklike politiese gesag sou egter steeds by die hoër middelklas en groot grondbesitters lê.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Remembrance Poppies

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat 'n mens se are blou lyk omdat die bloed daarin geen suurstof bevat nie? Are vervoer naamlik die bloed waarvan die suurstof reeds aan die verskillende liggaamselle afgelewer is.

...dat die bedryfstelsel Debian na sy ontwikkelaar en dié se meisie vernoem is? Ian Murdock het dit na hom en sy vriendin Debra vernoem.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

20 November: Herdenking van die Meksikaanse Rewolusie (1910), Zumbi-dag (1978).

Pieter die Grote

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die godin Durga en 'n pantheon van ander gode en godinne word tydens die Durga Puja-fees in Kolkata, Indië, aanbid.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Swaziland  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering