2004 Formule Een-seisoen
2004 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
Vorige: 2003 | Volgende: 2005 |
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. |
Kalender
[wysig | wysig bron]Rondte | Wedren | Datum | Renverslag | |
---|---|---|---|---|
1. | Australiese Grand Prix | Albert Park | 7 Maart | Verslag |
2. | Maleisiese Grand Prix | Sepang | 21 Maart | Verslag |
3. | Bahreinse Grand Prix | Sakhir | 4 April | Verslag |
4. | San Marino Grand Prix | Imola | 25 April | Verslag |
5. | Spaanse Grand Prix | Catalunya | 9 Mei | Verslag |
6. | Monaco Grand Prix | Monaco | 23 Mei | Verslag |
7. | Europese Grand Prix | Nürburgring | 30 Mei | Verslag |
8. | Kanadese Grand Prix | Montreal | 13 Junie | Verslag |
9. | Verenigde State Grand Prix | Indianapolis | 20 Junie | Verslag |
10. | Franse Grand Prix | Magny Cours | 4 Julie | Verslag |
11. | Britse Grand Prix | Silverstone | 11 Julie | Verslag |
12. | Duitse Grand Prix | Hockenheim | 25 Julie | Verslag |
13. | Hongaarse Grand Prix | Hungaroring | 15 Augustus | Verslag |
14. | Belgiese Grand Prix | Spa-Francorchamps | 29 Augustus | Verslag |
15. | Italiaanse Grand Prix | Monza | 12 September | Verslag |
16. | Chinese Grand Prix | Shanghai | 26 September | Verslag |
17. | Japannese Grand Prix | Suzuka | 10 Oktober | Verslag |
18. | Brasiliaanse Grand Prix | Interlagos | 24 Oktober | Verslag |
Oorsig oor die seisoen
[wysig | wysig bron]Michael Schumacher het gedomineer deur die eerste 5 renne in Australië, Maleisië, Bahrein, San Marino en Spanje te wen. In Monaco het Jarno Trulli sterk druk van Jenson Button weerstaan om sy eerste oorwinning te behaal nadat Schumacher vroeër 'n ongeluk gemaak het. Schumacher het die volgende 7 renne in Europa (Duitsland), Kanada, VSA, Frankryk, Brittanje, Duitsland en Hongarye gewen.
In België het Kimi Räikkönen sy eerste ren gewen en Michael Schumacher het sy 7de wêreldtitel gewen en in Italië en China het Barrichello gewen. Ná die oefensessies en kwalifisering uitgestel is tot die oggend van die Japannese Grand Prix weens 'n tifoon, het Michael Schumacher sy laaste ren vir die jaar gewen.
Juan Pablo Montoya het die laaste ren van die jaar en sy laaste ren vir Williams in Brasilië gewen nadat hy druk van sy toekomstige spanmaat, Kimi Räikkönen, weerstaan het toe reën voor die ren vir 'n nat wegspring gesorg het.