Frank Borman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Frank Borman
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Frank Frederick Borman, II
Gebore 14 Maart 1928 (1928-03-14) (89 jaar oud)
Gary, Indiana
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Edwin en Marjorie Borman
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte vloot- en toetsvlieënier

Frank Frederick Borman (* 14 Maart 1928 - ; Kolonel) is 'n afgetrede vlieënier in die Amerikaanse Lugmag, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder. Hy het bekend geraak as die bevelvoerder van Apollo 8, die eerste missie wat om die Maan gevlieg het. Tesame met sy bemanning van Jim Lovell en William Anders maak dit hulle die eerste van 24 mense wat om die Maan gevlieg het. Hy het ook 'n 14-daguithourekord in die ruimte in Gemini 7 opgestel. Hy was ook deel van die kommitee wat die brand op Apollo 1 ondersoek het. Nadat hy Nasa verlaat het word hy die hoofuitvoerendebeampte van Eastern Air Lines, 'n pos wat hy beklee van 1975 tot 1986. Hy is ook 'n ontvanger van die Congressional Space Medal of Honor.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.