3 November
Voorkoms
<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
3 November is die 307de dag van die jaar (308ste in skrikkeljare) van die Gregoriaanse kalender, met 58 dae oor.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1483 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Bologna.
- 1534 – Pous Paulus III word in Rome gekroon deur kardinaal Innocenzo Cibo.
- 1591 – Pous Innocentius IX word gekroon deur kardinaal Andreas van Austria.
- 1793 – Franse dramaturg, joernalis en uitgesproke feminis Olympe de Gouges word per guillotine tereggestel vir haar revolusionêre idees.
- 1838 – The Bombay Times and Journal of Commerce word gestig en word later herdoop na The Times of India
- 1848 – 'n Veranderde grondwet vir die Nederlande word geproklameer. Dit is deur Johan Rudolf Thorbecke opgestel en perk die magte van die Nederlandse koningshuis sterk in.
- 1868 – Ulysses S. Grant word verkies tot die eerste van sy twee termyne as die President van die V.S.A.
- 1896 – William McKinley word verkies tot president van die V.S.A.
- 1903 – Met aansporing van die Verenigde State, verklaar Panama homself onafhanklik van Colombia. Die V.S.A. se destydse president Theodore Roosevelt wou hê dat die V.S.A. die Panama kanaal bou maar Colombia was daarteen gekant.
- 1908 – William Howard Taft word tot die president van die V.S.A. verkies.
- 1911 – Chevrolet betree die motorvoertuigmark om met die Ford Model T mee te ding.
- 1918 – Eerste Wêreldoorlog: Oostenryk-Hongarye sluit 'n wapenstilstand ooreenkoms met die Geallieerdes.
- 1918 – Pole verklaar onafhanklikheid van Rusland.
- 1923 – Lady Louise Mountbatten trou met Gustav, Kroonprins van Swede
- 1935 – George II van Griekeland kry sy troon terug.
- 1936 – Franklin D. Roosevelt word herkies tot 'n tweede termyn.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Tweede Slag van El Alamein eindig - Die Duitse magte onder bevel van Erwin Rommel word geforseer om gedurende die nag te onttrek .
- 1954 – Die eerste van die Godzilla rolprentreeks word vrygestel in Japan.
- 1955 – Debuut van die muskiekblyspel Guys and Dolls, met Marlon Brando en Frank Sinatra in die hoofrolle.
- 1956 – The Wizard of Oz word vir die eerste keer op televisie uitgesaai (in die V.S.A.) met 'n geraamde kykertal van ongeveer 45 miljoen.
- 1957 – Spoetnik-ruimteprogram: Die Sowjet-Unie lanseer Spoetnik 2. Aan boord is een van die eerste diere in die ruimte - 'n hond genaamd Laika.
- 1964 – Die ampsbekleder van die Amerikaanse presidentskap Lyndon B. Johnson word weer verkies tot president met meer as 60 persent steun van die kiesers.
- 1967 – Viëtnam oorlog: Die Slag van Dak To begin - rondom Dak To (ongeveer 450 kilometer noord van Saigon geleë, naby die grens van Kambodja) beide kante ly swaar verliese maar die V.S.A. "wen" die slag net-net op die 22ste November.
- 1971 – Die UNIX Programmers Manual word gepubliseer.
- 1973 – Mariner-program: NASA lanseer Mariner 10 na Mercurius (op 29 Maart, 1974 word dit die eerste ruimtetuig om daardie planeet te bereik).
- 1978 – Dominica verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk van Brittanje.
- 1979 – In Greensboro, Noord-Carolina, word vyf lede van die Kommunistiese Werkersparty doodgeskiet en sewe gewond deur 'n groep Ku Klux Klan lede en neo-Nazis gedurende 'n saamtrek.
- 1986 – Die Gefedereerde State van Mikronesië word van die Verenigde State van Amerika onafhanklik.
- 1986 – Iran-Contra-aangeleentheid: Die Libanese tydskrif Ash-Shiraa berig dat die V.S.A. wapens aan Iran verkoop in die geheim verkoop het in 'n poging om die vrylating van sewe Amerikaanse gyselaars wat deur pro-Iranse groepe in Libanon aangehou is, te verseker.
- 1992 – Bill Clinton verslaan die ampsbekleër George H.W. Bush in die Amerikaanse presidentsverkiesing.
- 1994 – Red Hat Linux 1.0 word vrygestel.
- 1998 – Voormalige professionele rofstoeier, Jesse Ventura word verkies tot Goewerneur van Minnesota in die V.S.A.
- 2021 – Damon Galgut wen die Booker-prys met sy boek The Promise.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 39 – Lucanus, Romeinse digter
- 1500 – Benvenuto Cellini, Italiaanse goudsmid en beeldhouer († 1571).
- 1558 – Thomas Kyd, Engelse dramaturg († 1594).
- 1604 – Osman II, sultan van Turkye en keiser van die Ottomaanse Ryk († 1622).
- 1618 – Aurangzeb, Mogolkeiser († 1707).
- 1801 – Vincenzo Bellini, Italiaanse opera komponis († 1835).
- 1901 – Leopold III van België, koning van België († 1983).
- 1903 – Walker Evans, Amerikaanse fotograaf († 1975).
- 1921 – Charles Bronson, Amerikaanse rolprentster († 2003).
- 1933 – Florence Ribeiro, anti-apartheidsaktivis († 1986).
- 1933 – Jeremy Brett, Engelse akteur († 1995).
- 1933 – Ken Berry, Amerikaanse akteur († 2018).
- 1938 – Daniel Sleigh, 'n Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en digter († 2023).
- 1952 – Roseanne Barr, Amerikaanse aktrise, komediante.
- 1953 – Kate Capshaw, Amerikaanse aktrise.
- 1955 – Phumzile Mlambo-Ngcuka, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1961 – Moeketsi Majoro, premier van Lesotho.
- 1964 – Brenda Fassie, Suid-Afrikaanse popsangeres († 2004).
- 1995 – Kendall Jenner, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 361 – Constantius II, Romeinse keiser (* 317)
- 1254 – Johannes III Doukas Vatatzes, keiser van die Niceense Ryk (* 1193)
- 1947 – Nelson McDowell, Amerikaanse akteur (* 1870)
- 1954 – Henri Matisse, Franse kunstenaar (* 1869)
- 1990 – Mary Martin, Amerikaanse aktrise (* 1913)
- 1996 – Jean-Bédel Bokassa, president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (* 1921)
- 2014 – Tinus Linee, 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler (* 1969).
- 2016 – Clive Derby-Lewis, 'n voormalige Suid-Afrikaanse parlementslid, later veroordeel weens moord (* 1936).
- 2018 – Sondra Locke, Amerikaanse aktrise (* 1944).
Vakansiedae en Herdenkings
[wysig | wysig bron]- Japan - Kultuurdag (na 1946), Keiser se geboortedag (voor 1946)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 November. |