Demi-Leigh Nel-Peters

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Demi-Leigh Nel-Peters
Gebore 28 Junie 1995 (1995-06-28) (22 jaar oud)
Plek Sedgefield, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Geboortenaam  Demi-Leigh Nel-Peters
Beroep Model
Alma mater Noordwes-Universiteit
Loopbaan
Titel(s) Mej. SA 2017, Mej. Heelal 2017
Haarkleur Bruin
Oogkleur Groen
Lengte 1,70 m

Demi-Leigh Nel-Peters (gebore op 28 Junie 1995) is op Sondag 26 Maart 2017 in die Sun City Superbowl as Mejuffrou Suid-Afrika 2017 aangewys. Die geleentheid is op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.[1][2]

Demi-Leigh Nel-Peters het die kroon voor 11 ander finaliste, 25 ander deelnemers en meer as 900 inskrywings weggeraap. Sy het Suid-Afrika in 2017 se Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig, waar sy op Sondag 26 November as die wenner aangewys is. Sy is die tweede Suid-Afrikaanse Mej. Heelal-wenner na Margaret Gardiner in 1978. Demi-Leigh Nel-Peters sal Suid-Afrika ook in die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig.

Sy is deur Mej. SA 2016, Ntandoyenkosi Kunene, gekroon.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "MISS SA 2017 SEMI-FINALISTS REVEALED". Verkry op 28 November 2016. 
  2. (en) "Miss South Africa 2017 semi-finalists revealed - PHOTOS". Verkry op 28 November 2016. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Voorafgegaan deur:
Ntandoyenkosi Kunene
Mej. Suid-Afrika
2017
Opgevolg deur:
Adè van Heerden
Voorafgegaan deur:
Iris Mittenaere
Mej. Heelal
2017
Opgevolg deur:
Ampsbekleër