Amerikaanse Maagde-eilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Virgin Islands of the United States
Maagde-eilande van die Verenigde State
Vlag van die Amerikaanse Maagde-eilande Seël van die Amerikaanse Maagde-eilande
Vlag Seël
Nasionale leuse: United in Pride and Hope
(Engels vir: "Verenig in trots en hoop")
Volkslied: The Star-Spangled Banner
(Engels vir: "Die sterbesaaide vaandel")

Nasionale volkslied: Virgin Islands March
(Engels vir: "Maagde-eilande-mars")
Ligging van die Amerikaanse Maagde-eilande
Hoofstad Charlotte Amalie

18°21′N 64°56′W / 18.350°N 64.933°W / 18.350; -64.933

Grootste stad Charlotte Amalie
Amptelike tale Engels
Regering

President
• Goewerneur
• Luitenant-goewerneur
• Afgevaardigde
Nie-geïnkorporeerde
georganiseerde grondgebied
Donald Trump (R)
Kenneth Mapp (I)
Osbert Potter (I)
Stacey Plaskett (D)
Onafhanklikheid
Stigting
• Deens-Wes-Indië-verdrag
• Hersienende Organisasiewet

Amerikaanse eilandgebied
31 Maart 1917
22 Julie 1954
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
346,36 km2  ()
133,73 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
106 405[1]
296,5 / km2 ()
768 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2015-skatting

$4,580 miljard
$34 955[2]

MOI (2008) Green Arrow Up Darker.svg 0,894 (59ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Amerikaanse dollar ($) (USD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .vi
Skakelkode +1-340

Die Amerikaanse Maagde-eilande (Engels: United States Virgin Islands, USVI, ook American Virgin Islands), amptelik die Maagde-eilande van die Verenigde State (Virgin Islands of the United States), is 'n eilandgroep in Noord-Amerika en 'n eilandgebied van die Verenigde State van Amerika met 'n oppervlakte van 346,36 km² en 'n bevolking van 106 405 in 2010.

Nasa-Satellietbeeld van die Amerikaanse Maagde-eilande
Kaart van die Amerikaanse Maagde-eilande

Die Amerikaanse Maagde-eilande behoort geografies tot die Maagde-eilande[3] van die Klein Antille. Dit is in die noordoostelike Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Die Amerikaanse Maagde-eilande grens in die weste aan Puerto Rico en in die ooste aan die Britse Maagde-eilande. Dit bestaan uit die hoofeilande Saint Croix, Saint John, Saint Thomas en ander eilande. Die hoofstad en grootste stad is Charlotte Amalie, wat op die eiland Saint Thomas geleë is.

Die Maagde-eilande is in 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en ná die heilige Ursula van Keulen en haar maagd-volgelinge Santa Ursula y las Once Mil Vírgenes ("St. Ursula en haar 11 000 maagde") genoem. Alhoewel die Maagde-eilande deur die Spaanse Ryk opgeëis is, is dié eilande nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. Tydens die volgende twee eeu was die Maagde-eilande onder beheer van verskeie Europese magte soos Groot-Brittanje, Nederland, Frankryk en Denemarke-Noorweë. Die Deense Wes-Indiese Kompanie het in 1672 Saint Thomas gekoloniseer, gevolg deur Saint John in 1694; Saint Croix is in 1733 van Frankryk gekoop. Terselfdertyd het Groot-Brittanje die nabygeleë eilande Anegada, Jost van Dyke, Tortola en Virgin Gorda van Nederland verower. Die Deense Maagde-eilande is volgens die Deens-Wes-Indië-verdrag op 31 Maart 1917 vir VS$25 miljoen aan die Verenigde State verkoop. Dié eilande is onder die Hersienende Organisasiewet van 22 Julie 1954 georganiseer en vorm tans 'n nie-geïnkorporeerde, georganiseerde grondgebied van die Verenigde State. Die Amerikaanse Maagde-eilande word deur die Verenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou.[4]

Krieket was eens die gewildste sportsoort in die Amerikaanse Maagde-eilande, maar Amerikaanse sportsoorte soos Amerikaanse voetbal, basketbal en bofbal word nou meer beoefen. Spelers mag vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf. Dié eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[5]

Hoofeilande[wysig | wysig bron]

Naam Oppervlakte
(km²)
Bevolking
(2008)
Bevolkingsdigtheid
Saint Croix 213 km² 53 234 250/km²
Saint John 50,8 km² 4 197 82,6/km²
Saint Thomas 80,9 km² 51 181 632,6/km²

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) U.S. Virgin Islands – 2010 Census Results”. U.S. Census Bureau. URL besoek op 21 Mei 2018.
  2. (en) (5 Mei 2017) “Gross Domestic Product Per Capita for U.S. Virgin Islands”. Besoek op 21 Mei 2018.
  3. (en) United States Virgin Islands”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 21 Mei 2018.
  4. (en) Non-Self-Governing Territories”. Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. URL besoek op 21 Mei 2018.
  5. (en) Virgin Islands”. CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. URL besoek op 21 Mei 2018.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Vlag van die Verenigde State Verenigde State van Amerika Seël van die Verenigde State
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau


 
Lande en gebiede in Noord-Amerika
Lande: Antigua en Barbuda | Bahamas | Barbados | Belize | Costa Rica | Dominica | Dominikaanse Republiek | El Salvador | Grenada | Guatemala | Haïti | Honduras | Jamaika | Kanada | Kuba | Meksiko | Nicaragua | Panama | St. Kitts en Nevis | St. Lucia | St. Vincent en die Grenadine | Trinidad en Tobago | Verenigde State van Amerika
Afhanklike gebiede: Koninkryk van Denemarke: Groenland | Frankryk: Clipperton - Guadeloupe - Martinique - Saint-Martin - Sint Bartolomeus‎ - Sint Pierre en Miquelon | Koninkryk van die Nederlande: Aruba - Curaçao - Sint Maarten | Nederland: Bonaire - Saba - Sint Eustatius | Verenigde Koninkryk: Anguilla - Bermuda - Britse Maagde-eilande - Kaaimanseilande - Montserrat - Turks- en Caicoseilande | Verenigde State: Amerikaanse Maagde-eilande - Navassa - Puerto Rico

Lande van: Afrika - Asië - Europa - Oseanië - Suid-Amerika