Grand Slam (Rugby)
'n Grand Slam (Iers: Caithréim Mhór, Wallies: Y Gamp Lawn, Frans: Le Grand Chelem) kan in rugby op twee maniere behaal word: deur 'n besoekende span wat al vier Tuisunies agtereenvolgend verslaan of tydens die Sesnasies-toernooi, of die voorgangers daarvan, as 'n span al sy opponente verslaan.
Sesnasies-toernooi
[wysig | wysig bron]In die Sesnasies- en die Vyfnasies-toernooi wat dit voorafgegaan het, word 'n Grand Slam behaal as 'n span al sy opponente in een seisoen se kompetisie klop.[1] Daar is geen amptelike trofee vir die prestasie nie.
Die term is waarskynlik vir die eerste keer in 1957 gebruik toe die Times die uitdrukking ‘Grand Slam’ gebruik het om Engeland se vier oorwinnings in die toenmalige Vyfnasies-toernooi te beskryf.
Geen span kon tot dusver drie opeenvolgende Grand Slams wen nie. Drie spanne, Wallis in 1908/1909, Engeland in 1913/1914, 1923/1924 en 1991/1992 en Frankryk in 1997/1998 het reeds twee agtereenvolgende Grand Slams gewen. In 2005 het Wallis die eerste span geword om 'n Grand Slam te wen met meer weg- as tuiswedstryde.
Daar is reeds 42 Grand Slam titels behaal sedert die toernooi 'n aanvang geneem het. Engeland het 13 daarvan gewen, gevolg deur Wallis met twaalf, Frankryk met tien, Ierland met vier en Skotland met drie. Italië kon tot dusver nie 'n Grand Slam behaal nie.
'n Soortgelyke konsep is die Driekroon. As een van die Britse Tuisunies (Engeland, Skotland, Wallis of Ierland) daarin slaag om die ander drie te klop wen hulle die Driekroon. Dit is in 2023 deur Ierland behaal, wat ook die Grand Slam-wenner is.
Sedert die 2017-toernooi word bonuspunte soos by die Rugbywêreldbeker op proefbasis toegeken. 'n Span wat die Grand Slam wen, sal drie bonuspunte kry.[2] Dit sal die moontlikheid dat 'n Grand Slam-wenner die kampioenskap weens bonuspunte kan verloor uitskakel.
Tabel van Grand Slam-wenners
[wysig | wysig bron]Span | Grand Slams | Seisoene |
---|---|---|
Engeland | 13 | 1913, 1914, 1921, 1923, 1924, 1928, 1957, 1980, 1991, 1992, 1995, 2003, 2016 |
Wallis | 11 | 1908, 1909, 1911, 1950, 1952, 1971, 1976, 1978, 2005, 2008, 2012, 2019 |
Frankryk | 10 | 1968, 1977, 1981, 1987, 1997, 1998, 2002, 2004, 2010, 2022 |
Ierland | 4 | 1948, 2009, 2018, 2023 |
Skotland | 3 | 1925, 1984, 1990 |
Italië | 0 |
Kronologiese lys van Grand Slam-wenners
[wysig | wysig bron]1882–1907 | Nie moontlik omdat Frankryk nie aan die kampioenskap deelgeneem het nie |
1908 | Wallis |
1909 | Wallis |
1910 | Nie behaal nie |
1911 | Wallis |
1912 | Nie behaal nie |
1913 | Engeland |
1914 | Engeland |
1915–1919 | Nie gehou nie as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog |
1920 | Nie behaal nie |
1921 | Engeland |
1922 | Nie behaal nie |
1923 | Engeland |
1924 | Engeland |
1925 | Skotland |
1926–1927 | Nie behaal nie |
1928 | Engeland |
1929–1931 | Nie behaal nie |
1932–1939 | Nie moontlik nie a.g.v. die uitskop van Frankryk uit die kampioenskap |
1940–1946 | Nie gehou nie a.g.v. die Tweede Wêreldoorlog |
1947 | Nie behaal nie |
1948 | Ierland |
1949 | Nie behaal nie |
1950 | Wallis |
1951 | Nie behaal nie |
1952 | Wallis |
1953–1956 | Nie behaal nie |
1957 | Engeland |
1958–1967 | Nie behaal nie |
1968 | Frankryk |
1969–1970 | Nie behaal nie |
1971 | Wallis |
1972–1975 | Nie behaal nie |
1976 | Wallis |
1977 | Frankryk |
1978 | Wallis |
1979 | Nie behaal nie |
1980 | Engeland |
1981 | Frankryk |
1982–1983 | Nie behaal nie |
1984 | Skotland |
1985–1986 | Nie behaal nie |
1987 | Frankryk |
1988–1989 | Nie behaal nie |
1990 | Skotland |
1991 | Engeland |
1992 | Engeland |
1993–1994 | Nie behaal nie |
1995 | Engeland |
1996 | Nie behaal nie |
1997 | Frankryk |
1998 | Frankryk |
1999–2001 | Nie behaal nie |
2002 | Frankryk[3] |
2003 | Engeland[4] |
2004 | Frankryk[5] |
2005 | Wallis[6] |
2008 | Wallis[7] |
2009 | Ierland[8] |
2010 | Frankryk[9] |
2012 | Wallis[10] |
2016 | Engeland[11] |
2018 | Ierland[12] |
2019 | Wallis[13] |
2022 | Frankryk[14] |
2023 | Ierland[15] |
Grand Slamtoer
[wysig | wysig bron]'n Grand Slamtoer is 'n toer na die Britse Eilande waarin daar toetse teen elkeen van die vier Tuisunies gespeel word (Engeland, Skotland, Wallis en Ierland). Indien die besoekende span al vier dié toetse wen behaal die span 'n Grand Slam. Daar is geen amptelike rigsnoer van Wêreldrugby omtrent wat die konsep van 'n Grand Slamtoer behels nie — byvoorbeeld, of 'n toerspan teen elk van die huidige Sesnasiespanne (die vier Tuisunies saam met Frankryk en Italië) 'n wen aanteken in dieselfde toer as 'n "ware Grand Slam" aangeteken behoort te word of nie.
Geen span wat in Europa getoer het, het al 'n "ware Grand Slam" probeer behaal in die Sesnasies-era (sedert Italië se toetrede in 2000) nie. 'n Grand Slam teen die vier Tuisunies in dieselfde toer is reeds vier keer deur Suid-Afrika, drie keer deur Nieu-Seeland en een keer deur Australië behaal. Australië is ook die enigste land van die Suidelike Halfrond wat teen elk van die Tuisunies op 'n Grand Slamtoer verloor het in 1957–1958.
Suid-Afrika is die enigste land wat 'n Grand Slam teen die Vyfnasies kon behaal: in die Grand Slamtoere van 1912–1913 en 1951–1952 het die Sprinkbokke ook teen die Hane gespeel en gewen.
As gevolg van die opeenhoping van wedstryde in internasionale rugby het Grand Slamtoere minder algemeen begin word. Die laaste suksesvolle Grand Slamtoer was in 2008 toe Nieu-Seeland hulle derde Grand Slam behaal het. Die All Blacks se vorige toer in 2005 was aanvanklik geskeduleer vir drie Toetswedstryde; die laat toevoeging van die wedstryd teen Wallis het dit moontlik gemaak vir die All Blacks om 'n Grand Slam te oorweeg. Om daarmee saam te gaan het Nieu-Seeland slegs Toetswedstryde in 2005 en een vriendskaplike wedstryd in 2008 (teen Munster van Ierland) gespeel in teenstelling met die gereelde wedstryde in die middel van die week asook naweke teen provinsiale spanne, wat ander Grand Slamtoere gekenmerk het.
Grand Slams behaal deur toerspanne
[wysig | wysig bron]Suid-Afrika | 1912–13, 1931–32, 1951–52, 1960–61 |
Nieu-Seeland | 1978, 1995, 2005, 2008, 2010 |
Australië | 1984 |
Uitslae
[wysig | wysig bron]Span | Toere | Behaal | Nie behaal nie | % behaal |
---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 9 | 4 | 5 | 44,4% |
Nieu-Seeland | 9 | 4 | 5 | 44,4% |
Australië | 9 | 1 | 8 | 11,1% |
Totaal | 27 | 9 | 18 | 33,3% |
Lys van Grand Slamtoere (teen al vier Tuisunies)
[wysig | wysig bron]Sleutel |
---|
Dui op 'n oorwinning |
Dui op 'n nederlaag |
Jaar | Span | Behaal | Uitslag | Telling | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | Ierland | Skotland | Wallis | ||||
1905–06 | Nieu-Seeland | 3–1 | 0–15 | 0–15 | 7–12 | 3–0 | |
1906 | Suid-Afrika | 2–1 | 3–3 | 12–15 | 6–0 | 0–11 | |
1912–13 | Suid-Afrika | Ja | 4–0 | 3–9 | 0–38 | 0–16 | 0–3 |
1927–28 | Australië | 2–2 | 18–11 | 3–5 | 10–8 | 8–18 | |
1931–32 | Suid-Afrika | Ja | 4–0 | 0–7 | 3–8 | 3–6 | 3–8 |
1935–36 | Nieu-Seeland | 2–2 | 13–0 | 9–17 | 8–18 | 13–12 | |
1947–48 | Australië | 3–1 | 0–11 | 3–16 | 7–16 | 6–0 | |
1951–52 | Suid-Afrika | Ja | 4–0 | 3–8 | 5–17 | 0–44 | 3–6 |
1953–54 | Nieu-Seeland | 3–1 | 0–5 | 3–14 | 0–3 | 13–8 | |
1958 | Australië | 0–4 | 9–6 | 9–6 | 12–8 | 9–3 | |
1960–61 | Suid-Afrika | Ja | 4–0 | 0–5 | 3–8 | 5–12 | 0–3 |
1963–64 | Nieu-Seeland | 3–0 | 0–14 | 5–6 | 0–0 | 0–6 | |
1966–67 | Australië | 2–2 | 11–23 | 15–8 | 11–5 | 11–14 | |
1969–70 | Suid-Afrika | 0–2 | 11–8 | 8–8 | 6–3 | 6–6 | |
1972–73 | Nieu-Seeland | 3–0 | 0–9 | 10–10 | 9–14 | 16–19 | |
1975–76 | Australië | 1–3 | 23–6 | 10–20 | 10–3 | 28–3 | |
1978 | Nieu-Seeland | Ja | 4–0 | 6–16 | 6–10 | 9–18 | 12–13 |
1981–82 | Australië | 1–3 | 15–11 | 12–16 | 24–15 | 18–13 | |
1984 | Australië | Ja | 4–0 | 3–19 | 9–16 | 12–37 | 9–28 |
1998 | Suid-Afrika | 3–1 | 13–8 | 13–27 | 10–35 | 20–28 | |
2004 | Suid-Afrika | 2–2 | 32–16 | 17–12 | 10–45 | 36–38 | |
2005 | Nieu-Seeland | Ja | 4–0 | 19–23 | 7–45 | 10–29 | 3–41 |
2008 | Nieu-Seeland | Ja | 4–0 | 6–32 | 3–22 | 6–32 | 9–29 |
2009 | Australië | 2–1 | 9–18 | 20–20 | 9–8 | 12–33 | |
2010 | Nieu-Seeland | Ja | 4–0 | 16–26 | 18–38 | 3–49 | 25–37 |
2010 | Suid-Afrika | 3–1 | 11–21 | 21–23 | 21–17 | 25–29 | |
2013 | Australië | 3–1 | 20–13 | 15–32 | 15–21 | 26–30 | |
2016 | Australië | 2–2 | 37–21 | 27–24 | 22–23 | 8–32 |
Die Rugbykampioenskap
[wysig | wysig bron]Jaar | Span | Notas |
---|---|---|
Drienasiesreeks | ||
1996 | Nieu-Seeland | |
1997 | Nieu-Seeland | |
1998 | Suid-Afrika | |
2003 | Nieu-Seeland | |
2010 | Nieu-Seeland | |
Die Rugbykampioenskap | ||
2012 | Nieu-Seeland | |
2013 | Nieu-Seeland | |
2015 | Australië | Net drie wedstryde gespeel ween die Rugbywêreldbeker 2015. |
2016 | Nieu-Seeland | |
2017 | Nieu-Seeland |
Europese Nasiesbeker
[wysig | wysig bron]Jaar | Span | Notas |
---|---|---|
FIRA-toernooi | ||
1938 | Frankryk | |
FIRA-nasiesbeker | ||
1965–66 | Frankryk | |
1966–67 | Frankryk | |
1967–68 | Frankryk | |
1968–69 | Roemenië | |
1969–70 | Frankryk | |
1970–71 | Frankryk | |
1971–72 | Frankryk | |
1972–73 | Frankryk | |
FIRA-trofee | ||
1973–74 | Frankryk | |
1975–76 | Frankryk | |
1976–77 | Roemenië | |
1977–78 | Frankryk | |
1978–79 | Frankryk | |
1979–80 | Frankryk | |
1980–81 | Roemenië | |
1982–83 | Roemenië | |
1983–84 | Frankryk | |
1984–85 | Frankryk | |
As tweejarige kampioenskap | ||
1986–87 | Frankryk | Frankryk wen in 1986. |
1988–89 | Frankryk | Frankryk wen in 1989. |
1991–92 | Frankryk | Frankryk wen in 1991 en 1992. |
Europese Nasiesbeker eerste afdeling | ||
2001 | Georgië | |
2002 | Roemenië | |
As tweejarige kampioenskap | ||
2003–04 | Portugal | Portugal wen in 2003. |
2007–08 | Georgië | Georgië wen in 2008. |
2011–12 | Georgië | Georgië wen in 2011. |
2013–14 | Georgië | Georgië wen in 2014. |
2015–16 | Georgië | Georgië wen in 2015 en 2016. |
Rugby Europakampioenskap | ||
2018 | Georgië | |
2019 | Georgië | |
2020 | Georgië | |
2021 | Georgië |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "History". Sesnasies-toernooi. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
- ↑ (en) "Bonus points system to be trialled in Six Nations". BreakingNews.ie. 30 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Maart 2018.
- ↑ (en) Robert Kitson (8 April 2002). "France masterclass in doing Le Slam". The Guardian. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "Awesome England clinch Grand Slam". BBC. 30 Maart 2003. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "France win Grand Slam by beating England". Melbourne: www.theage.com.au. 28 Maart 2004. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "Wales 32-20 Ireland". BBC. 19 Maart 2005. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "Wales 29-12 France". BBC. 15 Maart 2008. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "Wales 15-17 Ireland". BBC. 21 Maart 2009. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "France 12-10 England". BBC. 20 Maart 2010. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "Wales 16-9 France". BBC. 17 Maart 2012. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "France 21-31 England". BBC. 19 Maart 2016. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) Tom Fordyce (17 Maart 2018). "Six Nations: Ireland beat England 24-15 to win Grand Slam". BBC. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) "Wales 25-7 Ireland: Wales win Six Nations Grand Slam". BBC. 16 Maart 2019. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) Mike Henson (19 Maart 2022). "Six Nations: France beat England to sweep to Grand Slam". BBC. Besoek op 18 Maart 2023.
- ↑ (en) Matt Gault (18 Maart 2022). "Six Nations 2023: Ireland 29-16 England – Irish seal Grand Slam in Dublin". BBC. Besoek op 18 Maart 2022.