2017-Rugbykampioenskapreeks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
2017-Rugbykampioenskap
Datums 19 Augustus - 7 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (4 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 87 (7.25 per wedstryd)
Bywoning 367 318 (30 610 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Bernard Foley (80)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Israel Folau (5)
Vlag van Nieu-Seeland Rieko Ioane (5)
2016
2018

Die 2017 Rugbykampioenskap was die sesde jaarlikse rugbykompetisie tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, 'n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Die toernooi het op 19 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika teen Argentinië. Die toernooi het agt weke geduur, met twee weke se loslootjies, en afgesluit op 7 Oktober toe Nieu-Seeland teen Suid-Afrika, en Australië teen Argentinië gespeel het.

Formaat[wysig | wysig bron]

Die formaat vir die 2017-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het een keer tuis gespeel, en een keer weg, met 'n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met 'n wen het 'n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en 'n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. 'n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in 'n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.[1]

Telkaart[wysig | wysig bron]

Land Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte
Gespeel Gewen Gelykop Verloor Vir Teen Verskil
1 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6 6 0 0 246 119 +127 4 28
2 Vlag van Australië Australië 6 2 2 2 195 179 +16 3 15
3 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 6 2 2 2 152 170 −18 2 14
4 Vlag van Argentinië Argentinië 6 0 0 6 110 235 −125 0 0

Wedstryddatums[wysig | wysig bron]

Datum
Week 1 19 Augustus
Week 2 26 Augustus
Week 3 9 September
Week 4 16 September
Week 5 30 September
Week 6 7 Oktober

Week 1[wysig | wysig bron]

Week 2[wysig | wysig bron]

Week 3[wysig | wysig bron]

Week 4[wysig | wysig bron]

Week 5[wysig | wysig bron]

Week 6[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. SANZAR - About The Rugby Championship. URL besoek op 14 September 2017.