Klas 35-diesellokomotief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
No. 35-020 op 10 Februarie 2013 in Saldanha

Klas 35 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë op sylyne in Suid-Afrika gebruik word. Dit is 'n Co-Co (twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) ontwerp. Die 35-000 en 35-400 reekse is deur General Electric gebou tussen 1972 en 1976. Die eerste reeks is ingevoer en die laaste reeks in Suid-Afrika gebou. Hulle is toegerus met 'n vierslag-V8-turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator aandryf en ses traksiemotors wat op die aste geïnstalleer is.

Die 35-200 en 35-600 reekse is deur General Motors (EMD) tussen 1974 en 1976 gebou. Die eerste 25 is ingevoer en die res in Suid-Afrika gebou. Hulle is toegerus met tweeslag-V8-turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjins wat 'n gelykstroomgenerator aandryf en ses traksiemotors wat op die aste geïnstalleer is.

Al die lokomotiewe in die klas beskik oor dinamiese remme.

Bron[wysig | wysig bron]

  • Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg. uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112.  Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]