Wesselsbron

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Monyakeng)
Jump to navigation Jump to search
Wesselsbron
Ligging van Wesselsbron op 'n kaart (Vrystaat)
Wesselsbron
Wesselsbron
 Wesselsbron se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°51′0″S 26°22′0″O / 27.85000°S 26.36667°O / -27.85000; 26.36667Koördinate: 27°51′0″S 26°22′0″O / 27.85000°S 26.36667°O / -27.85000; 26.36667
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Lejweleputswa
Munisipaliteit Nala
Stigting 1920
Oppervlak[1]
 - Dorp+township 14,1 km²  (5,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp+township 26 807
 - Digtheid 1 901/km² (4 923,6/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 4.1%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Kleurling 0.5%
 • Swart 94.8%
 • Ander 0.1%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 75.4%
 • Xhosa 8.9%
 • Afrikaans 6.0%
 • Tswana 4.2%
 • Ander 5.5%
Poskode (strate) 9680
Poskode (posbusse) 9680
Skakelkode(s) 051
Webwerf: http://wesselsbron.co.za

Wesselsbron is 'n landboudorp in die noorde van die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 75 km suid van Bothaville en is tussen Hoopstad en Odendaalsrus geleë.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Wesselsbron is in 1920 gestig en is vernoem na kommandant Cornelis J Wessels wat in bevel was van die Boere se Beleg van Kimberley van 13 Oktober 1899 tot 12 Februarie 1900. Die dorp het in 1936 munisipale status verwerf.

Distrik[wysig | wysig bron]

Die distrik is 1 750 km2 groot. Een van die belangrikste produkte is mielies en die dorp spog met van die grootste graansilo's in die suidelike halfrond. Ander gewasse wat verbou word is koring en grondbone terwyl bees- en skaapboerdery ook belangrik is. Daar is ook baie panne in die distrik.

Onderwys[wysig | wysig bron]

Slegs basiese onderwys word in Wesselsbron en Monyakeng (die township van Wesselsbron) aangebied.

Hoërskole

Hoërskool Sandveld (beide 'n primêre en hoërskool), Hoërskool Iphateleng, Hoërskool Monyakeng.

Laerskole

Laerskool Katoloso, Laerskool Letsibolo, Laerskool Mmabana en Laerskool Tataiso.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Monyakeng and Wesselbron Sensus 2011.