Sanna Marin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sanna Marin
Sanna Marin
Sanna Marin in 2019
President Sauli Niinistö
Voorafgegaan deur Antti Rinne

Persoonlike besonderhede
Gebore Sanna Carolina Marin
16 November 1985 (1985-11-16) (34 jaar oud)
Helsinki, Finland
Politieke party Sosiaal-Demokratiese Party
Kind(ers) 1

Sanna Mirella Marin (gebore 16 November 1985) is 'n Finse politikus wat sedert 10 Desember 2019 as Finland se Eerste minister dien. Sy is 'n lid van die Sosiale Demokrate van Finland, en is sedert 2015 'n lid van die Parlement van Finland. Sy was van 6 Junie 2019 tot 10 Desember 2019 die Finse minister van vervoer en kommunikasie gewees.[1]Sy is tans die wêreld se jongste dienende staatshoof.[2]

Nadat Antti Rinne sy posisie as eerste minister opgegee het, het die Sosiale Demokrate op 8 Desember 2019 vir Marin as hul nuwe kandidaat vir eerste minister aangewys.[3][4] Sy het by bevestiging deur die parlement[5] op 34-jarige ouderdom beide die jongste dienende eerste minister in die geskiedenis geword en Finland se jongste eerste minister. Sy is ook die derde vroulike eerste minster van haar land, na Anneli Jäätteenmäki en Mari Kiviniemi.[6][7][8]

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Marin was op 16 November 1985 in Helsinki gebore[9] en het in Espoo en Pirkkala gewoon voordat sy na Tampere getrek het.[10]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Marin het in 2004 aan Pirkkala-Hoërskool op die ouderdom van 19 gematrikuleer.[11] Sy het in 2017 'n meestersgraad in Administratiewe Wetenskappe aan die Universiteit van Tampere verwerf.[1]

Marin het in 2006 by die Sosiaal-Demokratiese Jeugbeweging aangesluit, en van 2010 tot 2012 as die organisasie se eerste vise-president gedien. [12][13]

Marin was 'n kandidaat gewees tydens die Finse munisipale verkiesings van 2008 maar was nie verkies nie.[12][14] Sy het van 2012 af aktief in politiek begin betrokke raak.[15] Tydens die Finse munisipale verkiesings van 2012 was sy op 27-jarige ouderdom verkies na die stadsraad van Tampere, welke 'n deurbraak in haar politieke loopbaan was.[6][16] Sy was vanaf 2013 tot 2017 die voorsitter van die stadsraad gewees. Tydens die Finse munisipale verkiesings van 2017 was sy weer na die stadsraad verkies gewees.[17] Sy is ook 'n lid van die Vergadering van die raad van die Tampere-streek.[1] Sy was ook vanaf 2013 tot 2016 'n lid gewees van die Pirkanmaa-streeksraad.[9]

Marin was in 2014 as adjunk-voorsitter van die Sosiale Demokrate verkies gewees.[1] Tydens die 2015 Finse parlementêre verkiesing was sy op 30-jarige ouderdom as lid van die parlement van Finland verkies as LP van die Pirkanmaa kiesafdeling of - distrik.[18][19] Sy was vier jaar later weer verkies tydens die 2019 Finse parlementêre verkiesing.[20] Sy het op 6 Junie 2019 die Finse minister van vervoer en kommunikasies geword.[1]

In Desember 2019 was sy deur die Sosiale Demokrate genomineer om Antti Rinne as eerste minister van Finland op te volg. Rinne was wyd gekritiseer oor die wyse waarop hy 'n staking van die posdienste hanteer het; maar sal tot ten minste Junie 2020; wanneer 'n party konvensie plaasvind; die formele leier van die Sosiale Demokrate bly.[21][8] Sy is met 'n meerderheidstem bo haar teenstander, Antti Lindtman, verkies. Daar is wyd gerapporteer dat Sanna Marin aan die hoof van die regering sal staan, wat gevorm is deur 'n koalisie van vyf partye waarin 12 uit 18 ministers in die kabinet vroue sal wees.[22][23]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Sanna Marin Parliament of Finland (in Fins). Opgespoor op 9 Desember 2019.
  2. https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/jongste-staatshoof-nou-aan-bewind-in-finland/ URL besoek en opgespoor op 11 Desember 2019
  3. SDP on valinnut: Sanna Marinista tulee Suomen seuraava pääministeri – suora lähetys menossa, Yle seuraa hetki hetkeltä Yle 8.12.2019
  4. Finland's Social Democrats name Marin to be youngest ever prime minister Reuters 8.12.2019
  5. https://www.japantimes.co.jp/news/2019/12/10/world/politics-diplomacy-world/finlands-parliament-picks-sanna-marin-worlds-youngest-sitting-prime-minister/
  6. 6,0 6,1 "Finland anoints Sanna Marin, 34, as world's youngest-serving prime minister". The Guardian (in Engels). 9 Desember 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 9 Desember 2019.
  7. "Finland: Sanna Marin to become world's youngest PM at 34". www.aljazeera.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Desember 2019.
  8. 8,0 8,1 Lemola, Johanna; Specia, Megan (9 Desember 2019). "Sanna Marin of Finland to Become World's Youngest Prime Minister". The New York Times (in Engels). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 10 Desember 2019.
  9. 9,0 9,1 "Sanna Marin: Minister of Transport and Communications" (PDF). European Parliament. Besoek op December 10, 2019.
  10. Kuka Sanna? Sanna Marin se webwerf. Opgespoor op 10 Januarie 2019.
  11. Esfandiari, Sahar. "The rapid rise of Sanna Marin, the 34-year-old Finnish woman set to become the youngest serving world leader". Business Insider (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 9 Desember 2019.
  12. 12,0 12,1 Hemmilä, Ilkka (18 Mei 2018). "SDP:n uraohjus nousi 10 vuodessa Pirkanmaan ääniharavaksi – Sanna Marin haluaa ravistella puolueita". Maaseudun Tulevaisuus (in Fins). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 10 Desember 2019.
  13. "Ansioluettelo | Sanna Marin". www.sannamarin.net. Besoek op 2019-12-10.
  14. Greenall, Robert (9 Desember 2019). "Sanna Marin: The rising star set to lead Finland's 5.5 million". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2019. Besoek op 9 Desember 2019.
  15. Lemola, Johanna; Specia, Megan. "Who is Sanna Marin, the world's youngest prime minister?". The Irish Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019. Besoek op 10 Desember 2019.
  16. Candidates elected Tampere Ministry of Justice of Finland. Opgespoor op 10 Januarie 2017.
  17. "Elected". vaalit.fi (in Fins). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2018. Besoek op 3 Julie 2017.
  18. Candidates elected Ministry of Justice of Finland. Opgespoor op 10 Januarie 2017.
  19. "Sanna Marin". www.eduskunta.fi (in Fins). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 9 Desember 2019.
  20. "Valitut". tulospalvelu.vaalit.fi. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019. Besoek op 3 Desember 2019.
  21. "Social Democrats selects Marin as its candidate to succeed Rinne". www.helsinkitimes.fi (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 9 Desember 2019.
  22. 9 Desember, Bloomberg News Updated:; 2019 (2019-12-09). "'I've proven my abilities': Finland's Sanna Marin becomes the world's youngest prime minister | Ottawa Citizen" (in Engels). Besoek op 9 Desember 2019.AS1-onderhoud: extra punctuation (link) AS1-onderhoud: numeriese name: authors list (link)
  23. Manzanaro, Sofia Sanchez (9 Desember 2019). "Finland's Sanna Marin becomes the world's youngest Prime Minister". euronews (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 9 Desember 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Politieke poste
Voorafgegaan deur
Anu Vehviläinen
Minister van Vervoer en Kommunikasie
2019
Opgevolg deur
Timo Harakka
Voorafgegaan deur
Antti Rinne
Eerste minister van Finland
2019–
ingesetene