Stade de la Mosson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stade de la Mosson
Les Verts
Australie-Fidji.4.JPG
Wedstryd tussen Australië en Fidji in die Stade de la Mosson tydens die Rugbywêreldbeker 2007
Ligging Montpellier, Frankryk
Koördinate 43°37′19″N 3°48′44″O / 43.62194°N 3.81222°O / 43.62194; 3.81222Koördinate: 43°37′19″N 3°48′44″O / 43.62194°N 3.81222°O / 43.62194; 3.81222
Geopen 1972
Renovasie 1988, 1997
Uitgebrei 1977, 1988
Eienaar Montpellier Méditerranée Métropole
Oppervlak Gras
Tuisveld van Montpellier HSC
Kapasiteit
32 900
Dimensies
105 m x 68 m

Die Stade de la Mosson (Frans: ​[stad də la mɔˈsɔ̃]) is die tuisveld van die Franse sokkerklub van Montpellier: Montpellier Hérault Sport Club. Die stadion se naam is afkomstig van die nabygeleë Mossonrivier. Die stadion wat hoofsaaklik aan sokker toegewy word, word ook vir rugby gebruik en het 'n kapasiteit van 32 900 sitplekke. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 was die amptelike naam van die stadion Stade le Mosson-Mondial 98.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Wedstryd tussen die VSA en Tonga tydens die Rugbywêreldbeker 2007
Wedstryd tussen Australië en Fidji tydens die Rugbywêreldbeker 2007

Met die stadion se inhuldiging in 1972 het die stadion wat tussen die ZUP-toring en die Mossonrivier geleë is nie na veel gelyk nie. Dit was bloot 'n grasvierkant waar die klein klub AS Paillade gespeel het.

In 1974 het AS Paillade met Montpellier Littoral Sport Club (wat te vore by die Stade Richter gespeel het) saamgesmelt om geboorte te gee aan Montpellier la Paillade Sport Club Littoral, wat 'n ruk later die naam Montpellier Paillade Sport Club aangeneem het, waarvan die eerstespan in die Division d'Honneur se Suidoos-liga gespeel het. Die sowat 150 toeskouers wat elke Sondag houtpawiljoene of grondwalle plek ingeneem het sou skaar kon droom dat hulle die groei van 'n klub sou aanskou wat op die hoogste vlak sou speel onder die bestuur van die klub se emblematiese president Louis Nicollin.

Die klub het in die seisoen van 1975/76 tot die derde divisie gestyg. Die klub het hierop voortgebou deur Olympique de Marseille uit die finale 32 uit te skakel. Hierna is die stadion vergroot en die aantrekkamers verbeter (die werk is binne drie weke voltooi). Op 13 Maart 1977 het 18 000 toeskouers aanskou hoe die klub hulle bure en tradisionele vyande Nîmois in die finale 16 geklop het. Die nuwe stadion is hierna beslis in die plek van stade Richter gebruik. La Mosson het 'n reputasie as 'n cauldron opgebou. Met tye het ondersteuners wat nie kaartjies kon bekostig nie ure voor wedstryde in bome geklim om die prestasies van die manne van Kader Firoud te volg.

In 1988 met die klub se promosie na die eerste divisie, is die stadion verder vergroot om sitplek aan 23 500 te verskaf in lyn met die sportprestasies van die klub. Met die gebruik van die stadion tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 is die klub tot sy huidige grootte vergroot tot 'n kapasiteit van 35 500 sitplekke.

Rugby word ook by die stadion gespeel en vele belangrike wedstryde van die finale fases van die Franse kampioenskap is al daar gehou. Vir die Rugbywêreldbeker 2007 is verdere verbetering aan die stadion aangebring insluitend beter beligting en kleedkamers.

Internasionale wedstryde[wysig | wysig bron]

Vyf poelwedstryde en 'n agste-eindrondte wedstryd is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 by die Stade de la Mosson gehou. Dit het ingesluit die wedstryde tussen MarokkoNoorweë, ParaguayBulgarye, ItaliëKameroen, ColombiaTunisië, DuitslandIran en DuitslandMeksiko in die uitklop stadium. Ander internasionale sokker wedstryde was die tussen BrasiliëAlgerië (2–0) op 22 Augustus 2007 (Amical). Die Franse sokkerspan het reeds vier keer op die stadion gespeel; teen RFA, Engeland, Andorra en Ivoorkus.

In 2007 dien die stadion as die plek waar die kwarteindstryd van die Rugbywêreldbeker tussen die wenner van Poel X en die span wat tweede gekom het in Poel Y. Vier poelwedstryde word ook in die stadion beslis insluitend Suid-Afrika teen die Verenigde State op 30 September 2007.

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
10 Junie 1998 21:00 Vlag van Marokko Marokko 2–2 Vlag van Noorweë Noorweë Groep A 29 800
12 Junie 1998 14:30 Vlag van Paraguay Paraguay 0–0 Vlag van Bulgarye Bulgarye Groep D 27 650
17 Junie 1998 21:00 Vlag van Italië Italië 3–0 Vlag van Kameroen Kameroen Groep B 29 800
22 Junie 1998 17:30 Vlag van Colombia Colombia 1–0 Vlag van Tunisië Tunisië Groep G 29 800
25 Junie 1998 21:00 Vlag van Duitsland Duitsland 2–0 Vlag van Iran Iran Groep F 29 800
29 Junie 1998 16:30 Vlag van Duitsland Duitsland 2–1 Vlag van Meksiko Meksiko Agtste eindrondte 29 800

Rugbywêreldbeker 2007[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
12 September 2007 14:00 Vlag van Verenigde State Verenigde State 15–25 Vlag van Tonga Tonga Groep A 25 000
16 September 2007 16:00 Vlag van Samoa Samoa 15–19 Vlag van Tonga Tonga Groep A 24 128
23 September 2007 14:30 Vlag van Australië Australië 55–12 Vlag van Fidji Fidji Groep B 32 231
30 September 2007 20:00 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 64–15 Vlag van Verenigde State Verenigde State Groep A 28 750

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: