Stade Vélodrome

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stade Vélodrome
Le Vel'
Stade Vélodrome (20150405).jpg

UEFA Nuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.png

Vollenaam Orange Vélodrome
Ligging Marseille, Bouches-du-Rhône, Frankryk
Koördinate 43°16′11″N 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O / 43.26972; 5.39583Koördinate: 43°16′11″N 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O / 43.26972; 5.39583
Gebou 28 April 1935
Geopen 13 Junie 1937
Renovasie 1984, 1998, 2014
Eienaar Stad Marseille
Oppervlak Gras
Boukoste €285 miljoen
Argitek Henri Ploquin
Tuisveld van Olympique de Marseille (1937–hede)
RC Toulon (sosiale wedstryde)
Kapasiteit
67 394
Dimensies
105 m × 68 m
Lugbeeld van die Stade Vélodrome
Die Stade Vélodrome se ingang

Die Stade Vélodrome (Frans: [stad velɔdʁom]) is 'n stadion in Marseille, Frankryk, met 67 394 sitplekke. Dit is die tuisveld van die voorste Franse sokkerspan Olympique de Marseille en het ook as 'n stadion vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gedien. Dit is die grootste sokkerklubveld in Frankryk. Die stadion word ook heelwat deur die Franse rugbyspan gebruik.

Die rekordbywoning vir 'n klubwedstryd by die Stade Vélodrome was 58 897 vir 'n UEFA-bekerhalfeindstryd teen Newcastle United FC in 2004. Die stadion het ook diens gedoen in 1938 toe die FIFA Sokkerwêreldbeker se eindrondte in Frankryk gehou is. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was tussen Marseille en Turyn in 1937. Die stadion is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007 gebruik. In 2016 het die Stade Vélodrome die eerste stadion geword, waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.

Die Franse rugbyspan het in die vroeë 2000s 'n indrukwekkende reeks oorwinnings in die stadion behaal. In November 2000 het hulle die All Blacks met 42–33 verslaan en in die jaar daarna het hulle die Wallabies met een punt geklop. In 2002 is een wedstryd weer in die stadion gespeel, 'n oorwinning oor die Springbokke, wat gevolg is deur 'n oorwinning oor Engeland in 2003. Die geluklopie is in 2004 verbreek toe hulle 14–24 teen Argentinië verloor het. Die stadion is in November 2009 gebruik deur Frankryk toe die Franse teen die Nieu-Seelandse All Blacks gespeel het.

Wedstryde[wysig | wysig bron]

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
5 Junie 1938 17:00 Vlag van Italië Italië 2–1 (e.t.) Vlag van Noorweë Noorweë Eerste rondte 19 000
16 Junie 1938 18:00 Vlag van Italië Italië 2–1 Vlag van Brasilië Brasilië Halfeindrondte 33 000

Europese Sokkerkampioenskap 1960[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1960.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
6 Julie 1960 21:30 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 0–3 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Halfeindrondte 25 184
9 Julie 1960 18:00 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 2–0 Vlag van Frankryk Frankryk Klein finale 9 438

Europese Sokkerkampioenskap 1984[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1984.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
17 Junie 1984 20:30 Vlag van Portugal Portugal 1–1 Vlag van Spanje Spanje Groep B 24 364
23 Junie 1984 20:00 Vlag van Frankryk Frankryk 3–2 (e.t.) Vlag van Portugal Portugal Halfeindrondte 54 848

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
12 Junie 1998 21:00 Vlag van Frankryk Frankryk 3–0 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Groep C 55 077
15 Junie 1998 14:30 Vlag van Engeland Engeland 2–0 Vlag van Tunisië Tunisië Groep G 54 587
20 Junie 1998 21:00 Vlag van Nederland Nederland 5–0 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea Groep E 55 000
23 Junie 1998 21:00 Vlag van Brasilië Brasilië 1–2 Vlag van Noorweë Noorweë Groep A 55 000
27 Junie 1998 16:30 Vlag van Italië Italië 1–0 Vlag van Noorweë Noorweë Agtste eindrondte 55 000
4 Julie 1998 16:30 Vlag van Nederland Nederland 2–1 Vlag van Argentinië Argentinië Kwarteindrondte 55 000
7 Julie 1998 21:00 Vlag van Brasilië Brasilië 1–1 (4–2 straf.) Vlag van Nederland Nederland Halfeindrondte 54 000

Rugbywêreldbeker 2007[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
8 September 2007 13:45 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 76–14 Vlag van Italië Italië Groep C 58 612
12 September 2007 20:00 Vlag van Italië Italië 24–18 Vlag van Roemenië Roemenië Groep C 44 241
22 September 2007 21:00 Vlag van Argentinië Argentinië 63–3 Vlag van Namibië Namibië Groep D 55 067
30 September 2007 15:00 Vlag van Frankryk Frankryk 64–7 Vlag van Georgië Georgië Groep D 58 695
6 Oktober 2007 15:00 Vlag van Australië Australië 10–12 Vlag van Engeland Engeland Kwarteindrondte 59 102
7 Oktober 2007 15:00 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 37–20 Vlag van Fidji Fidji Kwarteindrondte 55 943

Europese Sokkerkampioenskap 2016[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 2016.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 Junie 2016 21:00 Vlag van Engeland Engeland 1–1 Vlag van Rusland Rusland Groep B 62 343
15 Junie 2016 21:00 Vlag van Frankryk Frankryk 2–0 Vlag van Albanië Albanië Groep A 63 670
18 Junie 2016 18:00 Vlag van Ysland Ysland 1–1 Vlag van Hongarye Hongarye Groep F 60 842
21 Junie 2016 18:00 Vlag van Oekraïne Oekraïne 0–1 Vlag van Pole Pole Groep C 58 874
30 Junie 2016 21:00 Vlag van Pole Pole 1–1 (3–5 straf.) Vlag van Portugal Portugal Kwarteindrondte 62 940
7 Julie 2016 21:00 Vlag van Duitsland Duitsland 0–2 Vlag van Frankryk Frankryk Halfeindrondte 64 078

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: