Stade de la Beaujoire

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stade de la Beaujoire
La Beaujoire
Stade de la Beaujoire.jpg
Vollenaam Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau
Ligging Route de Saint Joseph 44300, Nantes, Frankryk
Geopen 8 Mei 1984
Eienaar
Oppervlak Gras
Tuisveld van FC Nantes
Kapasiteit
38 285
Dimensies
105m x 68m

Die Stade de La Beaujoire - Louis Fonteneau, meer bekend as La Beaujoire, is 'n stadion in Nantes, Frankryk. Dit is die tuiste van FC Nantes Atlantique sokkerklub. In September 2007 bied dit drie poelwedstryde van die Rugbywêreldbeker 2007 aan: Wallis teen Kanada op 9 September, Engeland teen Samoa op 22 September en Wallis teen Fidji op 29 September.

Die stadion is op 8 Mei 1984 ingehuldig met 'n vriendskaplike wedstryd tussen FC Nantes en Roemenië. Dit is vernoem na Louis Fonteneau wat president van FC Nantes was tussen 1969 en 1986. Die stadion is in 1998 vir die Sokker-Wêreldbeker opgeknap. Terwyl die oorspronklike kapasiteit 52 923 was, is alle staanplekke in 1998 in sitplekke omskep wat die kapasiteit na 38 285 verminder is. Voorheen het die klub by die Stade Marcel Saupin gespeel.

Die stadium word ook vir internasionale rugbywedstryde gebruik en is die stadion waar Frankryk die All Blacks op 15 November 1986 (16-3) geklop.

La Beaujoire is ook vir verskeie wedstryde in die 1984 Europese Voetbal Kampioenskap is daar gehou, insluitend 'n 5-0 oorwinning deur Frankryk oor België. Ses wedstryde is ook by die stadion gespeel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, insluitend die kwarteindstryd tussen Brasilië en Denemarke.

Die Franse nasionale sokkerspan het op drie geleenthede daar gespeel, mees onlangs in 'n 2001 vriendskaplike wedstryd teen Denemarke (1-0).

Die stadion is ook reeds vir verskeie konserte gebruik insluitend:

Wedstryde[wysig | wysig bron]

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Junie 1998 Vlag van Spanje Spanje 2–3 Vlag van Nigerië Nigerië Groep D 33 257
16 Junie 1998 Vlag van Brasilië Brasilië 3–0 Vlag van Marokko Marokko Groep A 35 500
20 Junie 1998 Vlag van Japan Japan 0–1 Vlag van Kroasië Kroasië Groep H 35 500
23 Junie 1998 Vlag van Chili Chili 1–1 Vlag van Kameroen Kameroen Groep B 35 500
25 Junie 1998 Vlag van Verenigde State Verenigde State 0–1 Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië Groep F 35 500
3 Julie 1998 Vlag van Brasilië Brasilië 3–2 Vlag van Denemarke Denemarke Kwarteindstryd 35 500

Rugbywêreldbeker 2007[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
9 September 2007 Vlag van Wallis Wallis 42–17 Vlag van Kanada Kanada Groep B 37 500
22 September 2007 Vlag van Engeland Engeland 44–22 Vlag van Samoa Samoa Groep A 37 022
29 September 2007 Vlag van Wallis Wallis 34–38 Vlag van Fidji Fidji Groep C 37 080

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Sjabloon:2007 Rugby Wêreldbekerstadions