Balfour, Oos-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Balfour
Ligging van Balfour op 'n kaart (Oos-Kaap)
Balfour
Balfour
 Balfour se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°32′24″S 26°40′23″O Koördinate: 32°32′24″S 26°40′23″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Amathole
Munisipaliteit Nkonkobe
Oppervlak[1]
 - Dorp 7,98 km²  (3,1 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 3 102
 - Digtheid 389/km² (1 007,5/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 96.9%
 • Kleurling 3.0%
 • Indiër/Asiër 0%
 • Blank 0%
 • Ander 0.1%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 95.2%
 • Afrikaans 3.2%
 • Ander 1.5%
Poskode (straat) 5740
Poskode (posbus) 5740
Skakelkode(s) 046

Balfour is 'n klein dorpie aan die voet van die Katberg in die Oos-Kaap. Dit is as sendingstasie van die Glasgow-sendinggenootskap in 1828 deur John Ross en McDiarmind gestig, en na Robert Balfour, die eerste sekretaris van die genootskap, genoem.

Die kerkgebou en pastorie van die NG gemeente Greykerk, waarvan die grense met die distrik Stockenström ooreengestem het en waarvan die hoofdorp Seymour was, was jare lank naby hier geleë tot die gemeente in 1983 by Fort Beaufort ingelyf is. Sowat 8 km van hier is die meer as 160 jaar oue gebou van die eertydse NG gemeente Stockenström, 'n gemeente wat later jare aan die Sendingkerk oorgedra is. Die afstigting van die Greykerk van Stockenström op rassegrondslag het die weg gebaan vir afsonderlike kerke vir elke rassegroep in die Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie.

Die hoofbedrywe in die gebied, wat bekend is om sy asemrowende natuurskoon, is lemoen- en tabakboerderye en saagmeulens.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Balfour”. Sensus 2011.
  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.ό
  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.