Cathcart

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Cathcart
Cathcart1 - rsa.jpg
Ligging van Cathcart op 'n kaart (Oos-Kaap)
Cathcart
Cathcart
Koördinate: 32°18′S 27°8′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Amatole
Plaaslike Munisipaliteit Amahlathi
Bevolking (2001)[1]
 - Stad 2 073
Tydsone SAST (UTC+2)
'n Geskiedkundige gebou op Cathcart.

Cathcart is 'n dorp in die Oos-Kaap, tussen Queenstown en Stutterheim. Die N6 nasionale pad loop deur Cathcart.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het ontstaan as 'n militêre buitepos aan die hange van die Windvogelberg. Die dorp is aanvanklik vernoem na 'n hoofman van die San voordat hulle deur die Thembu Xhosas verdryf is. Die eerste woonerwe is in 1858 verkoop en die dorp hernoem na sir George Cathcart, goewerneur van die Kaapkolonie van 1852 tot 1854. Sir George het die Agtste Grensoorlog tussen die Xhosas en die setlaars beëindig. Hy het ook baie gedoen om die veiligheid van die grensbewoners te verbeter.

Distrik[wysig]

Die distrik is 2 600 km2 groot en is skaap- en beeswêreld.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Bronne[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Cathcart (kategorie)