Keimond

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Keimond
Kei Mouth
Uitsig op Keimond van die heuwel af.
Uitsig op Keimond van die heuwel af.
Ligging van Keimond op 'n kaart (Oos-Kaap)
Keimond
Keimond
 Keimond se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°40′S 28°22′O Koördinate: 32°40′S 28°22′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Amathole
Munisipaliteit Groot Kei
Stigting 1822
Oppervlak[1]
 - Dorp 2,07 km²  (0,8 vk m)
Hoogte 6,5 m (21 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 291
 - Digtheid 141/km² (365,2/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 7.6%
 • Indiër/Asiër 0.7%
 • Blank 91.4%
 • Ander 0.3%
Taal (2011)[1]
 • Engels 64.2%
 • Afrikaans 29.0%
 • Xhosa 4.3%
 • Tswana 1.1%
 • Ander 1.4%
Poskode (straat) 5260
Poskode (posbus) 5260
Skakelkode(s) 043
'n Duitse howitzerkanon wat in Suidwes-Afrika op beslag gelê is tydens die Eerste Wêreldoorlog, word in Grosvenorpark in Keimond uitgestal.

Keimond is 'n vakansiedorp geleë langs die monding van die Groot-Keirivier, 94 km noord-oos van Oos-Londen aan die Wildekus van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Die nedersetting van Keimond is deur die Britte geskep ná die 8ste Grensoorlog, as deel van die voorste linie van 'n buffersone wat gemik was op die beskerming van Brits-Kaffraria teen die strydende Xhosa-stamme.

In 1930 het Huberta, die bekende seekoei, haar in die Keirivier net bokant die derde grot tuisgemaak. Sy is uiteindelik verjaag en het haar reis na die suide voortgesit.

Sport[wysig]

Rolbal en gholf is gewilde tydverdrywe in Keimond. Die Keimond Buiteklub het 'n 12-putjie gholfbaan asook 'n rolbal- en muurbalbaan aangrensend aan die kampterrein.

Ander sportaktiwiteite sluit in bergfietsry, perdry en watersport soos swem, hengel, roei, seilplankry en seiljagvaart.

Toerisme[wysig]

Die ekonomie van Keimond draai hoofsaaklik om toerisme as gevolg van sy ligging op die suidelike ingang na die destydse Transkei gebied. Terwyl baie van die inwoners afgetredenes is, word 'n groot deel van die behuising as vakansiehuise deur gesinne in die binneland besit. Daar is verskeie akkommodasiegeriewe, 'n munisipale kampterrein, twee restaurante en kroeë, twee klein supermarkte en 'n vulstasie.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Keimond”. Sensus 2011.