Stutterheim

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stutterheim
Ligging van Stutterheim op 'n kaart (Oos-Kaap)
Stutterheim
Stutterheim
Koördinate: 32°34′0″S 27°25′0″O Koördinate: 32°34′0″S 27°25′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Amathole
Plaaslike Munisipaliteit Amahlathi
Stigting 1876
Vernoem na Richard von Stutterheim
Oppervlak
 - Dorp 73,75 km²  (28,5 vk m)
Bevolking (2001)
 - Dorp 10 014
 - Digtheid 140/km² (362,6/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 4930

Stutterheim is 'n dorp in Suid-Afrika, in die provinsie van die Oos-Kaap.

Geskiedenis[wysig]

Dit is gestig in 1858 en vernoem na generaalmajoor baron Richard von Stutterheim (1815-1871), bevelvoerder van die Duitse Legioen tydens die Krimoorlog en leier van die 2 400 mans, vroue en kinders wat hulle na die oorlog omstreeks 1857 in die Oos-Kaap kom vestig het. Hulle het grond en geldelike hulp van die Britse regering ontvang as blyk van waardering vir die vrywilligers se hulp tydens die oorlog.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 600 km2 groot. Daar is groot denne- en wattelplantasies in die distrik, wat floreer as gevolg van die jaarlikse reënval van 500 mm tot 900 mm. Ander belangrike produkte is wol, beesvleis, sitrusvrugte en suiwel. Die beroemde Dohne-merinoskaap is by die Landbounavorsinginstituut Dohne ongeveer 8 km van die dorp ontwikkel. Die graf van Sandile – nou 'n nasionale monument – hoofman van die Ngqika Xhosas is by Mount Kemp, suidwes van Stutterheim.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]