Fort Beaufort

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fort Beaufort
Bofolo
Die Martello-toring in Fort Beaufort
Die Martello-toring in Fort Beaufort
Ligging van Fort Beaufort op 'n kaart (Oos-Kaap)
Fort Beaufort
Fort Beaufort
 Fort Beaufort se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°47′S 26°38′O Koördinate: 32°47′S 26°38′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Amathole
Munisipaliteit Nkonkobe
Stigting 1840
Oppervlak[1]
 - Dorp 82,81 km²  (32 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 25 668
 - Digtheid 310/km² (802,9/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 83.6%
 • Kleurling 12.9%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Blank 2.6%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 76.9%
 • Afrikaans 15.4%
 • Engels 4.7%
 • Ander 3.0%
Poskode (straat) 5720
Poskode (posbus) 5720
Skakelkode(s) 046

Fort Beaufort is een van die oudste dorpe aan die vroeëre Oosgrens in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp lê aan die voet van die Winterberg en op die oewers van die Katrivier.

Geskiedenis[wysig]

In 1822 is hier 'n blokhuis opgerig as vestiging vir Engelse troepe -onder bevel van lt.kol H Maurice- wat 'n ogie oor vyandige Xhosa-troepe in die vrugbare Katriviervallei moes hou. Dit het 'n dorp geword teen 1840 en een van militêre middelpunte in Grensoorloë. Tydens die Agtste Grensoorlog, op 7 Januarie 1851, is die fort suksesvol verdedig teen 'n groot Xhosa-leërmag. Die dorp is vernoem na die hertog van Beaufort, vader van die Goewerneur, lord Charles Somerset.

Alhoewel dit reeds sedert 1840 'n dorp is, is die gemeente van die NG Kerk hier eers in 1949 afgestig van Alice, 'n gemeente wat weens demografiese veranderings en die Nasionale Party-regering se beleid van apartheid nie meer bestaan nie.

Die eerste pad na Fort Beaufort vanaf Grahamstad, via die Eccapas, is deur Andrew Geddes Bain gebou.

Gesondheidsorg[wysig]

Fort Beaufort het drie staatshospitale, naamlik Fort Beaufort Provinsiale Hospitaal (en) , Tower Psigiatriese Hospitaal (en) en Winterberg TB (voorheen SANTA) Hospitaal. Daar is ook 7 primêre gesondheidsorgklinieke in die area, naamlik C.C. Lloyd (in die dorp), Newtown, Hillside, Thozamile, Lulama Kama, Healdtown en Mxelo.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 280 km2 groot. Die belangrikste produkte is beesvleis, merinowol en sitrusvrugte.

Gallery[wysig]

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Fort Beaufort”. Sensus 2011.

Eksterne skakels[wysig]