Keiskammahoek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Keiskammahoek
Uitsig oor Keiskammahoek.
Uitsig oor Keiskammahoek.
Ligging van Keiskammahoek op 'n kaart (Oos-Kaap)
Keiskammahoek
Keiskammahoek
Koördinate: 32°41′0″S 27°9′0″O Koördinate: 32°41′0″S 27°9′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Amathole
Plaaslike Munisipaliteit Amahlathi
Tydsone SAST (UTC)
Die Sint Matthews-sendingstasie net buite Keiskammahoek. Die ou skoolgebou is so vervalle dat daar al bome in die mure groei.

Keiskammahoek is 'n dorpie in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp lê in die Amatholeberge.

Geskiedenis[wysig]

Die dorpie is tydens die Sewende Grensoorlog (Oorlog van die Byl, 1846-1847) as 'n voorpos gestig alhoewel daar reeds in 1830 'n sendingstasie hier naby gestig is. Die oorlog is hier met die oorgawe van die Xhosa-hoofmanne Sandile en Anta beëindig. Die dorp is eers in 1853 gestig na die Agtste Grensoorlog beëindig is.

Distrik[wysig]

Alhoewel bees- en skaapsboerdery en die kweek van tabak belangrik is, is bosbou (denne- en bloekombome) die belangrikste. Stutterheim is die naaste groot dorp. Die Keiskammarivier ontspring ook hier.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]