Barberton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Barberton, Mpumalanga)
Spring na: navigasie, soek
Barberton
Ligging van Barberton op 'n kaart (Mpumalanga)
Barberton
Barberton
Ligging van Barberton op 'n kaart (Suid-Afrika)
Barberton
Barberton
Koördinate: 25°47′10″S 31°3′11″O Koördinate: 25°47′10″S 31°3′11″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Ehlanzeni
Plaaslike Munisipaliteit Umjindi
Stigting 1882
Regering
 - Burgemeester Richard Lukhele
Oppervlak
 - Dorp 37,74 km²  (14,6 vk m)
Hoogte 877 m (2 877 vt)
Bevolking (2011)
 - Dorp 11 997
 - Digtheid 320/km² (828,8/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 1300
Skakelkode(s) 013
Webwerf: http://www.barberton.co.za
Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir ander gebruike, sien Barberton (dubbelsinnig).

Barberton is een van die oudste dorpe in die ooste van die provinsie Mpumalanga van Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van goud in die jaar 1882 by Kaapsehoop op die heuwels. Hierdie vonds was nie lonend nie. In Junie 1883 het Auguste Robert (wat later die bynaam French Bob gekry het) die Pioneer-rif ontdek. Gedurende Junie 1883 het Graham Barber die rif by Rimer's Creek ontdek. Gedurende Mei 1885 het Edwin Bray die Shebarif ontdek. Hierdie rif was die rykste van almal. Hierdie reeks ontdekkings het Suid-Afrika se goudnywerheid begin. Gedurende 1886 was daar 4 000 aktiewe kleims in Barberton. Die goud het uitgewerk geraak en baie van die myne het gesluit. Die meeste delwers het na die Witwatersrand agter die goud aan getrek.

Suid-Afrika se eerste aandelebeurs is in Barberton gestig op 13 April 1887. Die dorp het ook sy naam verleen aan die Barbertonse madeliefie (daisy), wêreldwyd bekend onder sy genusnaam Gerbera. Die Gerbera is met groot sukses veredel deur kwekers.

Distrik[wysig]

Die distrik is 5 400 km2 groot. Goud speel nie meer so 'n belangrike rol nie. Die volgende gewasse is van belang: katoen, sitrus, subtropiese vrugte, tabak, koffie, rys, pekanneute en groente. Daar is ook groot bloekom-, denne- en sisalplantasies in die distrik.

Van die aarde se oudste rots word in die Barberton-omgewing gevind. Die rots dateer as ongeveer 3 000 miljoen jaar oud.

Skole[wysig]

Bron[wysig]

Sien ook[wysig]