Asiatiese kat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Burmilla)
Spring na: navigasie, soek
Asiatiese kat
BrownVarientAsianCat.JPG
Alternatiewe naam Maleise kat
Herkoms Brittanje
Ontstaan Kruisras
Soort lyf Gemiddeld
Pels Kort
Patroon Effekleurig, gestreep, gerook, getint
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Asiatiese kat (Engels: Asian), ook bekend as die Maleise kat (Malayan), is ’n kortharige katras soortgelyk aan die Birmaanse kat, maar met meer kleure en patrone.

Die ras is in die 1980's begin teel. Die kat is van gemiddelde bou, met ’n gespierde, kompakte lyf met baie min vet. Die bors is breed en rond en die bene slank. Die stert is van gemiddelde lengte en die oë geel.

Die kort pels is sag en blink. Daar is vier verskillende groepe: effekleure (insluitende die Bombaaikat, wat ’n swart Asiatiese kat is), gestreep, rookkleur en getint. Laasgenoemde word deur die Fédération Internationale Féline as ’n aparte ras, die Burmilla, geklassifiseer.

Sy geaardheid is baie soos dié van die Birmaanse kat, een van die rasse wat gebruik is om die kat te teel. Hulle is intelligent, sosiaal en vriendelik met mense.

Asiatiese halflanghaarkat[wysig]

’n Wit Asiatiese halflanghaarkat.

Daar is ook ’n Asiatiese halflanghaarkat, wat soms die Tiffany genoem word. Dieselfde kleure word toegelaat as by die Asiatiese en die Birmaanse kat. Hulle is baie skaars en word in Brittanje erken, maar nie in Amerika nie.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Asiatiese kat (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat