Ocicat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ocicat
Chocolate-Spotted-Ocicat.jpg
Herkoms VSA
Ontstaan Kruisras
Pels Kort
Patroon Kolle
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Ocicat is ’n kortharige katras wat soos ’n wilde kat lyk, maar geen "wilde" bloed het nie. Hy het die naam gekry vanweë sy ooreenkoms met die panterkat (Engels: ocelot). Dit is een van die katte wat gebruik is in die ontwikkeling van ’n ander katras, die Cheetoh.

Geskiedenis[wysig]

Die ras is ontwikkel deur Siamese katte en Abessiniese katte te kruis. Later is silwer, gestreepte Amerikaanse korthaarkatte bygevoeg om die kat sy silwer kleur te gee, asook sy beenstruktuur en merke.

Die eerste teler was Virginia Daly van die Amerikaanse staat Michigan, wat in 1964 probeer het om ’n Siamese kat met Abessiniese kleurpunte te skep. Een van die katte van die tweede geslag was ’n kat met kolle met die naam Tonga. Die teler se dogter het hom die bynaam Ocicat gegee. Tonga is as ’n troeteldier verkoop, maar sy ouers het nog soortgelyke katte gehad en hulle het die teelbasis van die ras geword.[1] Ander telers het later dieselfde kruisteling-prosedure gevolg: Siamees met Abessiniese kat, en dan weer met Siamees. Later is die Amerikaanse korthaarkat bygevoeg, wat groter bene en nog ’n kleur, silwer, tot gevolg gehad het. Die kat het in 1987 kampioenskapstatus van die Cat Fanciers' Associaton in Amerika gekry.[2] Vandag word dit wêreldwyd aangetref.

Beskrywing[wysig]

Die Ocicat kan twaalf kleure hê, onder meer sjokoladebruin, blou, laventel en ligbruin, en al twaalf kleure met silwer. Die katte het amandelvormige oë en ’n groot, sterk lyf en gespierde bene. Hulle is baie vriendelik, sosiaal en baasspelerig, ook met vreemdelinge, en party hou van water. Hulle het baie aandag nodig.

Verwysings[wysig]

  1. McKee, Bill (2001). The Guide to Owning an Ocicat. Neptune City, New Jersey: TFH Publications. ISBN 0-7938-2195-9. OCLC 47037281. 
  2. Thompson, Stephanie (1999). The Ocicat. Buenva Vista, CO: Stephanie Thompson, 14–15. 

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Ocicat (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat