Nebelung

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nebelung
Aleksandr van Song de Chine.jpg
Herkoms VSA
Pels Halflank
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Nebelung is ’n seldsame katras met lang lywe, groen oë en ’n halflang, digte pels. Die naam – oënskynlik ’n samesmelting van die Duitse woord Nebel (mis) en die Middeleeuse Duitse saga Nibelungenlied – is waarskynlik vanweë die kat se kenmerkende syagtige blou-grys pels asook die ras se stamouers, wat genoem is na twee hoofkarakters in die Nibelungenlied, die Duitse vegter Siegfried en die Yslandse koningin Brunhilde.

Geskiedenis[wysig]

Cora Cobb, die eienaar van Siegfried (1984) en Brunhilde (1985), was baie beïndruk met die mooi blou-grys katte. Hulle het soos Russiese bloukatte met ’n halflang, ligte pels gelyk. Saam met die genetikus dr. Solveig Pfleuger het sy ’n standaard vir die katte opgestel volgens dié vir die Russiese bloukat, maar met ’n verskil: die lengte van die pels.

The International Cat Association (TICA) was die eerste vereniging wat die Nebelung erken en ’n teelstandaard verskaf het. Die doel van die teelprogram is om blou katte te produseer met dieselfde voorkoms as die katte wat in die 19de en laat 20ste eeu uit Rusland ingevoer is en dit te kombineer met ’n halflang, blink pels.

Benewens TICA erken die Amerikaanse Cat Fanciers Association (FCA), die Wêreldkatfederasie (WCF), Livre Officiel des Origines Félines (LOOF) en onafhanklike verenigings in Nederland, België en Duitsland hulle. Die beskikbaarheid van die ras is redelik beperk.

Beskrywing[wysig]

Een woord beskryf die Nebelung goed: lank. Dit het ’n lang en grasieuse lyf en nek, lang bene, lang pels en lang stert. Die effens ovale oë is heldergroen of soms geel-groen. Die gesig is meer gepunt as rond. Die algemene voorkoms is dié van ’n lang, stewige, goed gespierde kat. Die dubbele pels voel sag en syagtig; dit is ’n pragtige grys kleur met silwer punte. Veral mannetjies het ’n kraag om die nek en die hare aan die stert is langer as aan die lyf. Daar is bossies hare agter die ore en tussen die tone. Die Nebelung word sowat 16 jaar oud en weeg tot 9 kg.

Hulle is lewendig, spelerig, lieftallig en intelligent. Al is hulle so aktief, aard hulle goed binnenshuis. Hulle vorm hegte bande met individuele mense en is skugter voor vreemdelinge. Hulle is baie vol fiemies as dit by kos en skoon sand kom en sal hul eienaars laat weet as hulle ongelukkig is. Hulle hou ook van roetine.

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat