Chartreux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Chartreux
Chartreux-Bonheur-nuits indiennes-neige2009.jpg
Herkoms Frankryk
Ontstaan Natuurlik
Soort lyf Kort en stewig
Pels Kort
Patroon Effekleurig
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Chartreux is ’n kortharige katras van Frankryk wat deur verskeie verenigings wêreldwyd erken word. Dit word egter nie deur die Governing Council of the Cat Fancy in Brittanje erken nie omdat dit te na aan die Britse korthaarkat is. Een van dié kat se kleure is blou-grys.

Geskiedenis[wysig]

Daar is ’n legende dat die Chartreux afstam van katte wat na Frankryk gebring is deur Kartuiser-monnike om in die orde se hoofklooster, die Grande Chartreuse in die Chartreuse-berge,[1] te gaan woon. Maar in 1972 het die kloostervoog van die Grande Chartreuse ontken dat die klooster se argiewe enige rekords het van ’n katras wat soos die Chartreux lyk.[2] ’n Ander legende lui dat die Chartreux afstammelinge is van wilde katte in die hedendaagse Sirië en dat hulle in die 13de eeu na Frankryk gebring is deur Kruisvaarders, van wie baie by die Kartuiser-monnike-orde aangesluit het.

Die eerste aangetekende vermelding van die ras was in die 18de eeu deur ’n Franse naturalis. Ná die Tweede Wêreldoorlog was min van hulle oor en het telers ’n gesamentlike poging aangewend om te keer dat hulle uitsterf. Die eerste Chartreux is in 1971 na die VSA gebring en in 1987 het dié land se Cat Fanciers' Association kampioenskapstatus aan die ras verleen.[3]

Beskrywing[wysig]

Die Chartreux is groot en gespierd met relatief kort ledemate. Hulle is bekend vir hul blou-grys waterbestande dubbelpelse, wat dikwels ’n wollerige tekstuur het, en hul oranje- of koperkleurige oë. Vanweë die bou van hul kop en snoet lyk dit dikwels asof hulle glimlag. Hulle is goeie jagters en word hoog aangeskryf deur boere.

Die eerste letter van ’n Chartreux se amptelike naam dui op die jaar van sy geboorte. Alle katte wat in dieselfde jaar gebore is, se name begin met die dieselfde letter. ’n Chartreux wat in 2011 gebore is, se naam sal byvoorbeeld met die letter "G" begin.[4]

Die Chartreux is gewoonlik stil, maak selde ’n geluid en sommige is stom. Hulle is oplettend en intelligent. Hulle is spelerig en kom goed oor die weg met kinders en ander diere. Hulle is liefdevol, goeie reisigers en gewoonlik baie gesond. Hulle smee dikwels hegte bande met een mens in ’n huishouding en hou daarvan om naby hulle te wees.

Verwysings[wysig]

  1. Siegal, Mordecai (1997). The breeds. Hoofstuk 2 in The Cornell Book of Cats: A Comprehensive and Authoritative Medical Reference for Every Cat and Kitten. Tweede uitgawe. Red. Mordecai Siegal. Villard:New York. ISBN 978-0-679-44953-9
  2. Simonnet, Jean (1990). The Chartreux Cat. Vertaal deur Jerome M. Auerbach. Parys: Synchro Company. ISBN 978-2-9506009-0-5
  3. Siegal, Mordecai (1997). The breeds. Hoofstuk 2 in The Cornell Book of Cats: A Comprehensive and Authoritative Medical Reference for Every Cat and Kitten. Tweede uitgawe. Red. Mordecai Siegal. Villard:New York. ISBN 978-0-679-44953-9
  4. Fogle, Bruce (2001). The New Encyclopedia of the Cat. New York: DK Publishing Inc (Dorling Kindersley). ISBN 0789980212

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Chartreux (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat