Thaise kat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Thaise kat
Niobe050905-Siamese Cat.jpeg
Alternatiewe naam Oustyl-Siamees
Klassieke Siamees
Herkoms Thailand
Ontstaan Natuurlik
Pels Kort
Patroon Kleurpunt
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Thaise kat is ’n kortharige katras wat ooreenstem met die moderne Siamese kat, maar ook grootliks van hom verskil.

Geskiedenis[wysig]

’n Siamees van die vroeë 19de eeu.

Die katte wat in die 19de en vroeë 20ste eeu uit Siam (nou Thailand) na die Weste ingevoer is, het heelwat anders gelyk as die moderne Siamese kat. Dié katte, wat in Thailand witsjian mat (วิเชียรมาศ, "maandiamant") genoem word en steeds daar aangetref word, het breër gelaatstrekke. Ná geslagte van teling in die Weste het die Siamese kat, soos dit genoem is, al hoe meer anders as die oorspronklike katte gelyk en het hulle ’n al hoe meer "Oosterse tipe" voorkoms gekry.

Daar was egter telers wat die oustyl-voorkoms van die oorspronklike katte behou het. Dié katte is in die vroeë 1990's op skoue in Europa ten toon gestel en verskeie klubs het daarna ontstaan wat elk sy eie teelstandaarde opgestel het. Daarna het Amerikaanse en Europese telers begin saamwerk met spesifieke bloedlyne om die kat se voorkoms te standaardiseer.

The International Cat Association (TICA),[1] het dit in 2007 goedgekeur dat die oustyl-Siamees as die Thai geskou kan word in die Voorlopige Nuwe Rasse-kategorie, en in 2010 het die ras kampioenskapstatus gekry.

Beskrywing[wysig]

Die Thaise kat is ’n kleurpuntkat met ’n lyf wat langer as dié van ander Westerse katrasse is, maar nie so lank soos die moderne Siamees met sy "Oosterse lyftipe" nie. Die kop is wigvormig en die voorkop lank en plat. Dit het ’n kort enkellaag-pels en het nie die langhaar-geen nie. Daar is geen aanduiding dat dit bloed van Westerse korthaarkatte bevat nie.

Verwysings[wysig]

  1. TICA. “The International Cat Association”. URL besoek op 2007-07-08.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Thaise kat (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat