Don-sfinks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Don-sfinks
Cat don sphinx.JPG
Alternatiewe naam Donskoi
Haarlose Don-kat
Herkoms Rusland
Soort lyf Gemiddeld
Pels Haarloos
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Don-sfinks (Russies: Донской сфинкс; Engels: Donskoy, Don Sphynx) is ’n haarlose katras van Russiese oorsprong. Dit is nie verwant aan die beter bekende Kanadese sfinkskat nie. Dié se gebrek aan hare word veroorsaak deur ’n resessiewe geen, terwyl die Don s’n veroorsaak word deur ’n dominante geen.

Geskiedenis[wysig]

Die ras se geskiedenis begin in 1987 toe die katteler Jelena Kowalewa ’n haarlose wyfiekatjie in die Russiese stad Rostof aan die Don ontdek het.[1] Haar kleintjies was almal haarloos en sy word dus beskou as die stammoeder van die ras. Die Don-sfinks is in 1997 deur die World Cat Federation (WCF) en in 2005 deur The International Cat Association (TICA) erken.

Die Peterbald is aanvanklik geskep deur die Don-sfinks met die Siamese kat en Oosterse korthaarkat te kruis om ’n Oosterse haarlose kat te kry. Kruisings tussen die Don-sfinks en Peterbald word nie meer toegelaat nie.

Beskrywing[wysig]

Die kat is van gemiddelde grootte en sterk gebou met groot ore, amandelvormige oë en lang, gewebde tone. Hulle moet gereeld versorg word al het hulle nie hare nie. As hy te veel gebad word, kan sy vel egter vetterig word.

Verwysings[wysig]

  1. Donskoy”. The International Cat Association. URL besoek op 2009-10-24.

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat