Ragdoll

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ragdoll
’n Vlampunt-Ragdoll
’n Vlampunt-Ragdoll
Herkoms VSA
Ontstaan Kruisras
Soort lyf Groot, stewig
Pels Lank
Patroon Kleurpunt/tweekleurig
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Ragdoll is ’n langharige katras met blou oë en ’n kenmerkende kleurpuntpatroon. Die katte is bekend vir hul rustigheid en inskiklikheid, en het ’n neiging om slap te raak sodra hulle opgetel word. Dit is een van die redes vir die kat se naam (Engels vir "lappop").

Geskiedenis[wysig]

In die 1960's het Ann Baker met ’n gewone Angora-tipe huiskat met die naam Josephine begin teel. Die katte is oor verskeie jare geteel om ’n spesifieke voorkoms en karaktertrekke te hê, soos die grootte, kleurpuntpatroon en inskiklike geaardheid.[1]

’n Ragdoll-katjie met helderblou oë.

In een van die vroeë werpsels was Blackie, ’n effekleurige swart Birmaanse-tipe kat, en Daddy Warbucks, ’n robbruin kat met wit pote. Daddy Warbucks was die pa van ’n tweekleurige wyfie, Fugianna, en Blackie die pa van Buckwheat, ’n donkerbruin/swart Birmaans tipe wyfie. Josephine was albei se ma. Alle Ragdolls is afstammelinge van Baker se katte deur parings van Daddy Warbucks met Fugianna en Buckwheat.

Baker het nie met ander telers saamgewerk nie, maar haar eie vereniging, die International Ragdoll Cat Association (IRCA), gestig en die kat Ragdoll gedoop. Sy het streng standaarde opgestel vir enigiemand wat onder dié naam met die katte wou teel.[1]. Ander verenigings mag ook nie die Ragdoll geregistreer het nie. In 1975 het ’n groep van die IRCA weggebreek met die doel om algemene erkenning vir die katte te kry. Hulle het eindelik die standaarde vir die Ragdoll ontwikkel soos wat groot verenigings dit tans aanvaar.[1]

In 1994 het nog ’n groep van die IRCA weggebreek weens die streng teelbeperkings. Hulle kon nie dieselfde naam gebruik nie en het hul kat die Ragamuffin genoem.

Beskrywing[wysig]

Die Ragdoll is een van die grootste huiskatrasse. Dit het ’n lang, stewige lyf. Hoewel die pels dig is, bestaan dit hoofsaaklik uit boonste dekhare en het die kat nie ’n digte onderste laag hare nie. Die geen wat die kleurpuntpels veroorsaak, is ook verantwoordelik vir die blou oë. Intense blou skakerings word op skoue verkies. Ragdolls met wit pote, wat later eers erken is, word dikwels verwar met die heilige Birmaanse kat. Die maklikste manier om hulle uitmekaar te ken is deur die Ragdoll se grootte en die kleur van die ken (Ragdolls het wit kenne en heilige Birmaanse katte gekleurde kenne.)

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 Ragdoll J. Anne Helgren (2006). Telemark Productions.

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat