Snowshoe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Snowshoe
Snowshoe (cat).JPG
Herkoms VSA
Ontstaan Kruisras
Soort lyf Lank
Pels Kort
Patroon Kleurpunt
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Snowshoe is ’n seldsame, kortharige katras wat in die 1960's in die VSA ontstaan het.

Geskiedenis[wysig]

Snowshoes is die eerste keer in Philadelphia geteel toe ’n Siamese kat drie katjies gehad het met wit pote.[1] Die teler, Dorothy Hinds-Daugherty, het toe ’n teelprogram begin met wat aanvanklik bekend was as "Silver Laces".[2] Sy het die Siamese katte met tweekleurige Amerikaanse korthaarkatte en ander rasse gekruis. Toe sy die program verlaat, het Vikki Olander by haar oorgeneem. Sy het die eerste teelstandaard opgestel, nuwe telers gewerf en daarna gestreef om die kat erken te kry by verskillende verenigings. Die Cat Fanciers Federation (CFF) en die American Cat Association's (ACA) het die kat in 1974 aanvaar as ’n eksperimentele ras.[1] In 1989 het Olander die program verlaat, maar teen daardie tyd was die Snowshoe gewild en dit het in 1990 kampioenskapstatus by die American Cat Fanciers Association gekry. In 1993 het The International Cat Association (TICA) dit erken.[1][3] Dit word reeds deur verskeie ander verenigings aanvaar.[4][5][6]

Al bestaan die katte reeds 45 jaar lank, is hulle skaars omdat dit moeilik is om die regte patroon te verkry.

Beskrywing[wysig]

Die Snowshoe is ’n medium-groot kat en langer as die meeste ander katrasse. Die kop kan driehoekig of rond wees. Die pels is medium-kort en moet blink wees sonder enige teken van ’n onderste laag hare.[7][8] Hulle kan blou, lila, nertsbruin, ligbruin, sjokoladebruin en robbruin wees. Die patroon bestaan uit effekleurige en wit dele. Die punte is donker effekleure. Hul kleure verdonker namate hulle ouer word. Die oë is altyd blou.

Die katte is lieftallig en stil[1][3] en moenie vir lang tye alleen gelaat word nie. Hulle miaau baie, maar nie so hard soos die Siamese kat nie.[1][3] Hulle is intelligent en hou van water.[1][3]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 Animal Planet - Snowshoe”. Animal Planet. URL besoek op 3 April 2009.
  2. Cat Lovers Only - Snowshoe”. URL besoek op 28 Augustus 2011.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Iams - Snowshoe”. Iams. URL besoek op 3 April 2009.
  4. Breed standards (Fédération Internationale Féline)”. Fédération Internationale Féline. URL besoek op 2 Augustus 2010.
  5. AACE Breeds”. American Association of Cat Enthusiasts. URL besoek op 2 Augustus 2010.
  6. CFF Breeds”. URL besoek op 2 Augustus 2010.
  7. FIFe - Snowshoe”. Fédération Internationale Féline. URL besoek op 25 Maart 2011.
  8. Harper, Lee (2008). The Complete Illustrated Encyclopedia of Cats. New York: Flame Tree Publishing, 242. ISBN 978-1-4351-0540-9. 

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Snowshoe (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat