Munchkin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Munchkin
’n Langharige Munchkin-katjie.
’n Langharige Munchkin-katjie.
Herkoms VSA
Ontstaan Mutasie
Soort lyf Klein, half-Oosters
Pels Kort/lank
Patroon Alle
Spesiale eienskap Kort bene
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Munchkin is ’n katras met abnormale kort bene wat ontstaan het vanweë ’n natuurlike mutasie.

Geskiedenis[wysig]

Munchkin-katjie van sewe maande.

Die Munchkin het ontstaan vanweë ’n natuurlike mutasie wat katte met abnormale kort bene tot gevolg het. Dit is ’n soortgelyke geen as die een wat gevind word in byvoorbeeld wors- en Franse dashonde. Hulle het egter nie die rugprobleme wat gewoonlik by dié hondrasse voorkom nie[1] omdat katte se ruggraat verskil van honde s’n.

Ellen Kasten het in 1964 in die Amerikaanse staat New York die eerste keer oor die katte geskryf. Daar is egter nie toe met hulle geteel nie en hulle is eers in 1983 herontdek toe twee dragtige katte in Louisiana gevind is.[2] Die helfte van die een werpsel se katjies het kort bene gehad en hulle is gebruik om die ras te teel.

Die Munchkin is in 1991 die eerste keer aan die algemene publiek bekend gestel tydens ’n katskou van The International Cat Association (TICA) wat in Amerika landwyd op TV uitgesaai is. Ondanks aanvanklike kritiek is in toetse gevind dat die katte nie rugprobleme het nie.[2] In 1994 het TICA die Munchkin aanvaar in sy Nuwe Ras-ontwikkelingsprogram te midde van groot omstredenheid.[3][4] Die kat het in 2003 kampioenskapstatus van TICA gekry.[5]

Beskrywing[wysig]

Die Munchkin het ’n klein tot gemiddelde bou met ’n half-Oosterse soort lyf. Die kort bene kan effens geboë wees, alhoewel katte waarvan die bene te geboë is, gediskwalifiseer word. Vir TICA-skoue word hulle in twee groepe verdeel: Munchkin en Munchkin-langhaar. Hulle het alle kleure en patrone.[5]

Hulle is lieftallige, spelerige, intelligente katte wat van mense hou.[6][7] Hul aktiwiteite word nie gekniehalter deur hul kort bene nie.

Verwysings[wysig]

  1. [1], CatWorld.
  2. 2,0 2,1 Sam Stall (2007). 100 Cats Who Changed Civilization: History's Most Influential Felines. Quirk Productions, Inc. 
  3. Owen, Susan Marquez, "Critics Dog Cat", Los Angeles Times, July 21, 1995. URL besoek op 7 Februarie 2010.
  4. Helgren, J. Anne (1998). “Encyclopedia of Cat Breeds: Munchkin Cat”. Barron's Educational Series. URL besoek op 7 Februarie 2010.
  5. 5,0 5,1 [http://tica.org/public/breeds/mk/intro.php Munchkin – TICA
  6. [2], Cats United.
  7. Munchkin Breed Group Standard”. The International Cat Association: 05/01/2007. URL besoek op 9 Februarie 2010.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Munchkin (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat