Kimriese kat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kimriese kat
Cymric - Norwegian forest cat presentation show Kotka 2009-02-01 IMG 0687.JPG
Alternatiewe naam Langharige Manx
Manx-langhaarkat
Herkoms Eiland Man
Ontstaan Natuurlik/mutasie
Soort lyf Kompak
Pels Halflank
Patroon Alle
Wetenskaplike naam Felis catus
Nota The International Cat Association (TICA) erken die Kimriese kat as ’n variant van die Manx. Die Amerikaanse Cat Fanciers' Association (CFA) en Britse Governing Council of the Cat Fancy (GCCF) erken nie die ras nie. The Southern African Cat Council (TSACC) gee wel aparte standaarde op sy webtuiste aan. [1]

Die Kimriese kat (Engels: Cymric) is ’n langharige katras wat deur sommige katverenigings beskou word as ’n langharige weergawe van die Manx. Dié twee rasse stem in alle opsigte ooreen buiten die haarlegte en albei kan in een werpsel voorkom.

Geskiedenis[wysig]

Die kat se naam kom van Kimre (Cymru), die inheemse Walliese naam vir Wallis. Die ras word egter nie met Wallis verbind nie en die naam is waarskynlik gebruik om ’n Kelties-klinkende naam aan die kat te gee. Die kat het sy oorsprong op die Eiland Man, hoewel Kanada beweer die langharige weergawe is in dié land ontwikkel. Baie katverenigings noem die kat die langharige Manx of Manx-langhaarkat.

Langharige katte het nog altyd op die Eiland Man voorgekom in Manx-werpsels, maar daar is nie met hulle geteel nie. In die 1960's het soortgelyke katte in Kanada hul verskyning gemaak en daar is toe met hulle geteel. Dit het egter lank gevat voor enige katverenigings hulle aanvaar het. Die Manx is in die 1920's erken, maar die Kimriese kat is in die 1960' die eerste keer geskou en het eers in die 1970's in gewildheid toegeneem.

Beskrywing[wysig]

Die Kimriese kat is ’n gespierde, kompakte kat met ’n middelmatige tot groot lyf. Hulle het groot, ronde oë en die ore sit ver uitmekaar. Die hare is halflank en dig. Alle kleure en patrone word aanvaar en die oë kan koper, groen, neutbruin of blou wees.

Vier stertlengtes word aanvaar: van ’n duik waar die stert moet wees tot sterte wat amper so lank as ander katte s’n is. Dit is onmoontlik om te voorspel watter lengte sterte in ’n werpsel sal voorkom.

Die katte is intelligent, spelerig en kom goed met ander troeteldiere oor die weg. Hulle is lieftallig en glad nie aggressief nie.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kimriese kat (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat