Sokoke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sokoke
Sokoke dalili.jpg
Alternatiewe naam Khadzonzos
Herkoms Kenia
Ontstaan Natuurlik
Soort lyf Lank, skraal
Pels Kort
Patroon Strepe en fyn strepies
Wetenskaplike naam Felis catus x Felis silvestris lybica

Die Sokoke is ’n kortharige katras wat sy oorsprong in Kenia het. Die oorspronklike naam was Khadzonzos, wat die Keniaanse stam die Giriama daaraan gegee het. Dit beteken "wat soos boombas lyk".

Geskiedenis[wysig]

Die Khadzonzos-katte is in 1978 in die Arabuko-Sokoke-woud in Kenia ontdek. Van hulle is na Denemarke gebring om daar mee te teel. In 1990 is nog katte ingevoer om die teelpoel te vergroot. Hulle is in 1984 die eerste keer in Kopenhagen geskou. Die Fédération Internationale Féline (FIFe) het hulle in 1993 erken onder die naam Sokoke, van waar die katte kom. Ook The International Cat Association (TICA) erken die katte.

Daar is altyd gewonder of die dier ’n huiskat is en nie dalk ’n afstammeling van die vaalboskat (Felis silvestris lybica) wat self mak geword het nie. Ná DNS-toetse is onlangs vasgestel dat die Sokoke deel van die Asiatiese groep huiskatte is wat ook bloed van die vaalboskat het. As sulks is dit ’n hibride (’n kruising tussen twee spesies).

Beskrywing[wysig]

Sokokes het gestreepte pelse in skakerings van bruin, met amberkleurige tot liggroen oë. Die hare is kort en grof en het feitlik geen onderlaag nie. Die lyf is lank en skraal en die bene lank.

Hulle is baie aktief en vorm nou bande met mense en ander katte en pas moeilik in ’n nuwe omgewing aan. Hulle is minder geneig om moderne katsiektes te kry.

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat