Kleurpunt-langhaarkat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kleurpunt-langhaarkat
Sonny Bunny.jpg
Alternatiewe naam Himalajakat (Amerika)
Herkoms Brittanje
Ontstaan Kruisras
Soort lyf Stewig
Pels Lank
Patroon Kleurpunt
Nota Die kleurpunt-langhaarkat word nie deur alle vervenigings as ’n aparte ras beskou nie.

Die kleurpunt-langhaarkat (Engels: Colourpoint Longhair), of Himalajakat (Himalayan) soos hy in die VSA genoem word, is ’n langharige katras waarvan die voorkoms ooreenstem met dié van die Persiese kat. Die enigste verskille is sy blou oë en kleurpunte, ’n gevolg van die kruisteling van die Persiese kat met die Siamese kat.

Geskiedenis[wysig]

’n Bloupunt-langhaarkat.
’n Rooipunt-langhaarkat.

Hoewel soortgelyke rasse reeds honderde jare lank bestaan, is eers in die 1950's begin met die teling van kleurpunt-langhaarkatte, soos hulle in Europa en Suid-Afrika bekend is.[1] Die Amerikaanse naam kom van ander diere met kleurpunte, veral die Himalajakonyn.[2]

Hoewel The International Cat Association (TICA) hulle as ’n aparte ras beskou, word hulle saam met die Persiese kat en die eksotiese korthaarkat ('n Persiese kat met kort hare) gegroepeer onder ’n "Persiese teelgroepstandaard".[3] Die Amerikaanse Cat Fanciers' Association en die Southern African Cat Council (SACC) beskou hulle as ’n kleurvariasie van die Persiese kat.

Beskrywing[wysig]

Nes die Persiese kat is die kleurpunt-langhaar geneig om ’n ronde lyf met kort bene te hê, wat dit vir hulle moeilik maak om so hoog soos ander katte te spring. Ook nes by die Persiese kat is daar twee soorte, die "tradisionele" of "popgesig"-soort met meer uitstaande snoete en die "ultra"-gesigte met die platter snoete. Die bloupuntkat op die foto links bo is ’n popgesig, terwyl die rooipuntkat links onder ’n ultra-gesig het. Van die kleure wat onderskei word, is bloupunt, sjokoladepunt, room-/rooi-/vlampunt en robbruinpunt.

Die katte is sagmoedig, intelligent en in die algemeen baie sosiaal. Vanweë hul Siamese bloed is hulle gewoonlik aktiewer as Persiese katte.

Weens hul Persiese bloed kan hulle die geen dra wat polisistiese niersiekte veroorsaak, maar ’n genetiese toets kan gedoen word om te bepaal watter katte die geen dra en hulle kan dat gesteriliseer of gekastreer word.

Verwysings[wysig]

  1. Die ontwikkeling van die kleurpunt-langhaar http://www.cfa.org/Client/persianhimalayan.aspx
  2. Himalayan Cat”. Pet Finder.
  3. TICA Persian Breed Group Standard

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Himalajakat (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat