Sfinkskat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sfinkskat
Sphinx2 July 2006.jpg
Alternatiewe naam Kanadese sfinks
Herkoms Kanada
Ontstaan Mutasie
Soort lyf Oosters
Pels Haarloos
Patroon Alle
Wetenskaplike naam Felis catus

Die sfinkskat (Engels: Sphynx) is ’n seldsame, haarlose katras van Kanada.

Geskiedenis[wysig]

’n Twaalf weke oue sfinkskatjie.

Teling met die moderne sfinksras (ook bekend as die Kanadese sfinks en nie verwant aan die Russiese sfinksrasse Peterbald en Don-sfinks nie) is in 1966 in Toronto, Kanada, begin toe ’n haarlose katjie, Prune, gebore is. Die katjie is met sy ma gepaar en nog haarlose katjies is gebore. Dié katte en nog haarlose katte wat later gevind is, het die basis geword van die poging om ’n haarlose kat te teel. Daar was aanvanklik verskeie probleme: die teelpoel was baie beperk, telers het net ’n vae idee gehad van sfinks-genetika en baie van die katjies is dood.

In 1978 en 1980 is nog haarlose katte in Toronto gevind, maar die program het feitlik doodgeloop omdat geen mannetjies oorgebly het nie. Devon-rex-mannetjies met min hare is toe gebruik en twee haarlose wyfies, Epidermis and Dermis, is in 1975 en 1976 gebore en hulle het ’n belangrike deel van die teelprogram geword.

Kruistelings met die Devon-rex is later gestaak weens gesondheidsprobleme by die katte.

Beskrywing[wysig]

Die sfinkskat lyk haarloos, maar is nie heeltemal sonder hare nie. Die vel lyk soos seemsleer en kan deur vellushare (sagte donshaartjies) bedek wees. Sommige katte het snorbaarde en wenkbroue, maar by ander is dit afwesig. Hul vel is die kleur wat die hare sou gewees het as hulle hare sou gehad het en daarom word al die gewone katkleure en –patrone (soos effekleure, skilpaddop, gestreep en kleurpunte) aangetref. Hulle het stewige lywe en die koppe is wigvormig. Hul mae moet rond wees.[1]

Sfinkskatte is besonder nuuskierig, intelligent en energiek.[2]

Verwysings[wysig]

  1. CFA Standards”. (PDF) URL besoek op 2010-10-26.
  2. Animal Planet :: Cat Breed Profile :: Sphynx”. Animal.discovery.com: 2008-09-10. URL besoek op 2010-10-26.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Sfinkskat (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat