Pixie-bob

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pixie-bob
Jarnac Bepacific feb07.jpg
Herkoms VSA
Ontstaan Natuurlik
Pels Meestal kort
Patroon Kolle
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Pixie-bob is ’n katras wat moontlik afstammelinge is van hibrides, maar as ’n gedomestikeerde kat beskou word.

Geskiedenis[wysig]

Pixie-bobs het gewoonlik kort hare.

In 1985 het Carol Ann Brewer ’n polidaktiele[1] kat met ’n kort, stomp stert in die Kaskadegebergte in die Amerikaanse staat Washington gekoop. In 1986 het sy nog ’n kat gekry waarvan die pa glo ’n voskat was. Dié het met ’n huiskat met bruin kolle gepaar[2] en Brewer het een van die katjies gehou. Sy het haar Pixie genoem en ’n teelprogram met haar begin.

In die volgende paar jaar het Brewer nog 23 katte van die Kaskadegebergte by haar program ingesluit wat volgens haar die resultaat was van natuurlike parings tussen vos- en huiskatte. Terselfdertyd het ander telers in Amerika gewerk met plaaskatte met ’n duidelik wilde voorkoms. Hulle het met Brewer saamgewerk om ’n breë genetiese basis te skep vir die ontwikkeling van die moderne Pixie-bob.

Hulle het eindelik The International Cat Association (TICA) en die American Cat Fancier's Association (ACFA) oorreed om die kat te erken. Dit het in 1998 kampioenskapstatus gekry.

Hoewel tekens van wilde katte in die gene opgespoor is, word dit vir alle doeleindes beskou as ’n gedomestikeerde kat.

Beskrywing[wysig]

Pixie-bobs kan groot wees, maar die gemiddelde gewig is sowat 5 kg. Hulle bereik ná sowat vier jaar ’n volwasse ouderdom in vergelyking met die een jaar van die meeste katrasse. Die meeste Pixie-bobs het swart hare en vel onder hul pote en swart lippe. Hulle het wit hare om die oë en op die bors, maar het dikwels ’n swart vel onder die wit hare. Die pels het ’n patroon soos dié van ’n voskat, dikwels gemeng met rooi skakerings. Hoewel sommige lang hare het, is die meeste kortharig. Die oë is groen of goud en het ’n driehoekige vorm. Sterte is afwesig, lank of tussen 5 en 10 cm (TICA-vereiste).

Die katte is intelligent, spelerig en sosiaal en sal hul eienaar in die huis rond volg. Hulle maak tjirp- en gromgeluide, maar die meeste miaau nie baie nie en sommige miaau nooit.

Verwysings[wysig]

  1. ’n Polidaktiele dier het meer as die normale aantal tone en vingers
  2. Founder's Homepage Carol Ann Brewer

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat