Siberiese kat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Siberiese kat
Siberian cat - Tofik.jpg
Alternatiewe naam Newa-maskeradekat
Moskouse halflanghaarkat
Herkoms Rusland
Ontstaan Natuurlik
Soort lyf Halfstewig
Pels Halflank
Patroon Alle
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Siberiese kat (Russies: Сиби́рская ко́шка; Engels: Siberian) is ’n katras met halflang hare wat al eeue lank in Rusland voorkom.[1] Die kat se volle naam is die Siberiese boskat, maar word meestal net die Siberiese kat genoem.[1] Dit is ’n antieke ras wat nou beskou word as die voorouer van alle moderne langhaarkatte.[1] Die kat toon ooreenkomste met die Noorse boskat, waaraan dit waarskynlik nou verwant is.[1] Dit is ’n natuurlike ras en die nasionale kat van Siberië.

Geskiedenis[wysig]

Die kat is die eerste keer genoem in ’n boek deur Harrison Wier. Dit het inligting ingesluit oor die vroegste katskoue in 1871 in Engeland.[2] Die kat is in 1987 deur die Kotofei-katklub in Sint Petersburg geregistreer[3] en in 1990 die eerste keer na die VSA uitgevoer. Die Russiese oudpresident Dmitri Medwedef en die voormalige Sowjetpresident Michail Gorbatsjof besit albei Siberiese katte.[4]

Beskrywing[wysig]

Die Siberiese kat is ’n ratse springer, hy is sterk gebou en het sterk agterbene. Hulle het medium-groot ore, breë voorkoppe en ’n stewiger bou as ander katte.[5]

Daar word reeds jare lank oor die hipo-allergeniese eienskappe van die Siberiese kat geskryf en hoewel daar min wetenskaplike bewyse daarvoor is, beweer telers en eienaars dat die katte, veral die wyfies, veilig is vir mense wat aan allergieë ly.[6] Die pels koek nie maklik nie en bestaan uit ’n bo-, middel- en onderlaag wat hom teen die uiterste Siberiese koue beskerm. Soos by ander katte, verskil die kleure en alle kleure is aanvaarbaar, ook strepe, skilpaddop en kleurpunte. Daar is geen spesifieke kleur of patroon nie. Die meeste telers en verenigings aanvaar dat kleurpunte natuurlik by die Siberiese kat voorkom. Dié met kleurpunte is ook bekend as "Newa-maskeradekatte": Newa vir die rivier waar hulle na bewering hul oorsprong het, en maskerade vanweë hul maskeragtige kleure.[7]

Siberiese katte verhaar een of twee keer per jaar. Die eerste keer is aan die einde van die winter – dit word nie deur die weer veroorsaak nie, maar deur die verskil in die lengte van die dag. Aan die einde van die somer sal baie katte ook verhaar, maar minder.

Siberiese katte is baie goeie ouers en die pa's sal help om die kleintjies te versorg. Sommige wyfies sal ook net met een mannetjie paar. Anders as ander katte, sal jong katjies mekaar ook lek en versorg.

Galery[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Cat Breeds of the World". A Complete Illustrated Encyclopedia. (1999). Viking. 
  2. Siberian - Cat Breed Information & Breed Facts”. Petside. URL besoek op 8 Augustus 2009.
  3. Siberian cat - History”. Siberian Cat World. URL besoek op 8 Augustus 2009.
  4. "Siberian". Cats 101. 14 November 2009. No. 2, season 2. 
  5. Siberian Cat Breed Info”. URL besoek op 8 Augustus 2009.
  6. The Show Cat Magazine - Siberian Cat”. URL besoek op 2009-08-08.
  7. Cats of Australia”. Cats of Australia. URL besoek op 2011-12-19.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Siberiese kat (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat