Koerile-stompstertkat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Koerile-stompstertkat
Kurilian bobtail.JPG
Herkoms Rusland, Japan
Ontstaan Natuurlik
Soort lyf Halfstewig
Pels Kort/halflank
Patroon Alle behalwe kleurpunt
Wetenskaplike naam Felis catus
Nota Sommige verenigings verdeel die katte in aparte kort- en langhaarrasse.

Die Koerile-stompstertkat (Russies: Курильский бобтейл; Japannees: クリル・アイランド・ボブテイル; Engels: Kurilian Bobtail) is ’n katras of teelgroep (afhangend van die vereniging) van die Koerile, waarop beide Rusland en Japan aanspraak maak, asook Sachalin-eiland en die Kamtsjatka-skiereiland van Rusland.[1][2]

Geskiedenis[wysig]

Die oorspronklike korthaarweergawe is ’n natuurlike ras[2][3] wat meer as 200 jaar op die eiland bekend is.[2]. As selektief geteelde katte was hulle sedert die middel van die 20ste eeu gewild in Rusland en in ’n sekere mate in ander dele van Europa, veral aangesien hulle goeie jagters van knaagdiere is,[2] maar hulle is steeds skaars in die VSA.[2]

The International Cat Association (TICA) erken die Koerile-stompstertkat as ’n teelgroep met kort en halflang hare wat sedert November 2011 beskou word as "gevorderde nuwe rasse" wat nie geskik is vir kampioenskapstatus nie.[4]. Ook die Fédération Internationale Féline (FIFe) beskou hulle as ’n teelgroep. Die World Cat Federation (WCF) erken hulle as een ras. Sedert November 2011 beskou die Amerikaanse Cat Fanciers Association (CFA) hulle glad nie as ’n ras nie.

Die Koerile-stompstertkat is moontlik verwant aan die Japannese stompstertkat,[1][5] maar nie aan die Kareliese stompstertkat van Wes-Rusland en Finland nie.

Beskrywing[wysig]

Die kort- en halflanghaar-weergawes is albei van gemiddelde grootte en het halfstewige lywe en ’n kenmerkende, wollerige kwassiestert met een of meer kinkels. Die rug is effens krom en die agterpote langer as die voorstes, nes by die Manx.[2] Hulle het nie ’n spesifieke kleur pels of oë nie.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Kurilian Bobtail Breed Group (KB/KBL)”. TICA.org. The International Cat Association (TICA): 2008. URL besoek op 2011-12-12.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 TICA Kurilian Bobtail Breed Introduction”. TICA.org. op. cit.: 2011. URL besoek op 2011-11-24.
  3. Kurilean Bobtail Longhair/Shorthair: KBL/KBS”. FIFeWeb.org. Fédération Internationale Féline (FIFe): 1 Januarie 2010. URL besoek op 2011-12-12.
  4. TICA-Recognized Cat Breeds”. TICA.org. op. cit.: 2011. URL besoek op 2011-11-24.
  5. Japanese Bobtail Breed Group (JB/JBL)”. TICA.org. op. cit.: 2009. URL besoek op 2011-12-12.

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat