Chausie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Chausie
Chausiecatexample.jpg
Alternatiewe naam Stone Cougar
Mountain Cougar
Jungle Curl
Herkoms Frankryk
Ontstaan Hibride
Soort lyf Lank, lenig
Pels Kort
Patroon Strepies, effekleurig, sout-en-peper
Wetenskaplike naam Felis catus x Felis chaus

Die Chausie is ’n kortharige, hibridiese katras. Dit word in Engels ook soms Jungle Curl, Stone Cougar of Mountain Cougar[1] genoem.

Geskiedenis[wysig]

’n Klein Chausie-katjie.

Die Chausie is ’n hibride tussen die huiskat (Felis catus) en die moeraskat (Felis chaus).[2] Die huiskat wat die meeste gebruik word vir die teling van die Chausie is die Abessiniese kat omdat hy dieselfde voorkoms en aktiewe gewoontes as die moeraskat het, hoewel hy baie kleiner is.

Chausies is in die 1960's en 1970's die eerste keer geteel. Hulle het in 1995 registrasiestatus by The International Cat Association (TICA) gekry. In 2001 is die kat se status so verander dat net diere wat drie geslagte (F3) of verder verwyder is van die wilde kat in skoue toegelaat is. In 2003 is dit verander na Gevorderde Nuwe Ras.[3][4]

Beskrywing[wysig]

Vanweë die wisselende groottes van die ouers kan ’n Chausie tussen 6,5 en 10 kg weeg. Die mannetjies is groter as die wyfies. Hul lywe is lank en lenig. Hulle het drie kleure: bruin strepies, effeswart en sout-en-peperkleurig. Die oë moet verkieslik goud of geel wees, maar neutbruin en liggroen word ook aanvaar. Die ore is merkbaar spesiaal – groot en beweeglik.

Die katte is besonder aktief, lojaal en hou van ander troeteldiere.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Chausie (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat