Javanese kat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Javanese kat
Javanese cat.jpg
Alternatiewe naam Mandarynse kat
Oosterse langhaarkat
Herkoms VSA
Ontstaan Kruisras
Soort lyf Oosters
Pels Lank
Patroon Kleurpunt
Wetenskaplike naam Felis catus
Nota Word deur die meeste katverenigings beskou as ’n soort Balinese kat of ’n langharige weergawe van die Oosterse korthaarkat.

Die Javanese kat is ’n langharige, Oosterse tipe katras en staan ook bekend as die Mandarynse kat of Oosterse langhaarkat. Die kat het geen verbintenis met die eiland Java nie.

Geskiedenis[wysig]

Toe Amerikaanse kat-telers probeer het om ’n langharige weergawe van die Siamese kat te ontwikkel, het hulle die Balinese kat geskep. Die Javanese kat het as ’n soort neweproduk van dié teelprogram ontstaan. In 1979 het die Cat Fanciers' Association in Amerika die Javanese kat as ’n aparte ras erken. Ander verenigings beskou dit as ’n variant van die Balinese kat.

Beskrywing[wysig]

Die kat het ’n sagte enkellaag hare en die stert vorm ’n pluim.[1] Die enigste onderskeid tussen die Javanese en Balinese kat lê in die kleure van die pels.[2] Die Javanese kat het die kleure van die Oosterse korthaarkat en word dus dikwels beskou as ’n langharige weergawe daarvan.

Die kat raak nes ander Oosterse katte geheg aan een mens. Hulle miaau graag om hul eienaars te laat weet hoe hulle voel.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is gedeeltelik vertaal van die Duitse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat