Richardsbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Richardsbaai
Cwebeni
Richards Bay
Richardsbaai se hawe
Richardsbaai se hawe
Ligging van Richardsbaai op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Richardsbaai
Richardsbaai
Koördinate: 28°48′S 32°06′O Koördinate: 28°48′S 32°06′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit uThungulu
Plaaslike Munisipaliteit uMhlathuze
Stigting 1879
Oppervlak
 - Stad 142,78 km²  (55,1 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 57 387
 - Digtheid 400/km² (1 036/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 3900
Skakelkode(s) 035

Richardsbaai (Engels: Richards Bay) is 'n stad in die ooste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp is in 1976 gestig. Die N2 nasionale pad gaan ongeveer 25 km vanaf Richardsbaai by die dorp verby.

Geskiedenis[wysig]

Richardsbaai is in 1879 vir die eerste keer as hawe gebruik tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog toe sir Frederick Richards, kommodoor van die Kaapse vlootstasie, voorrade binne die baai afgelaai het vir die landsmagte wat teen die Zoeloes geveg het. Alhoewel die Zoeloes se naam Cwebeni (by die lagune) vir die dorp is, het dit bekend geraak as Richardsbaai na sir Frederick se landing.

Die hawe[wysig]

Daar was verskeie ondersoeke na Richardsbaai se hawepotensiaal; die finale besluit is eers in die 1960's geneem om 'n diepseehawe te ontwikkel. Die hawe is spesifiek vir die hantering van massavrag soos steenkool en antrasiet gebou en is in 1976 voltooi. Daar was ook 'n nuwe spoorlyn gebou wat die dorp met die Gauteng verbind het. Later is ook 'n pyplyn gebou vanaf die aanlêplek van die tenkskepe tot in Gauteng. Die vermoë van die hawe was aanvanklik beplan om vaartuie van 190 000 ton te kon hanteer.

Die meer[wysig]

Richardsbaai self is 'n soutwaterlagune van 3 500 ha waar 'n geweldige aantal watervoëls, asook seekoeie en krokodille tuis is.

In die lagune het die jagter John Dunn in 1891 die grootste krokodil (6.7 m) geskiet wat ooit in Suid-Afrika aangeteken is. Ook uit hierdie lagune het Huberta, die swerwende seekoei, in 1928 haar lang reis langs die ooskus aangepak. Die slagting van diere hier het egter so toegeneem dat die owerhede moes ingryp. In 1935 is die Richardsbaai-natuurreservaat geproklameer en in 1943 is dit deur die Richardsbaaipark gevolg. Daar is ook 'n berm oor die lagune gebou om 'n deel daarvan te bewaar, en die dorp is 'n gewilde vakansiebestemming weens die aangename weerstoestande.

Infrastruktuur[wysig]

Omrede Richardsbaai 'n relatiewe nuwe stad is, is die stad en toegangspaaie goed beplan. Daar is 'n lughawe buite die stad wat dit met stede soos Johannesburg en Durban verbind. Die ontwikkeling van die hawe het ook verskeie swaar nywerhede na die dorp gelok. Dit sluit 'n aluminiumsmeltery (Alusaf), 'n kunsmisfabriek, pulpmeule en houtspaanderaanleg in. Daar word ook groot neerslae titaan noord en suid van die baai gemyn.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]