Woodstock

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Merge-arrows.svg   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Papendorp, Kaapstad.

Woodstock is die eerste voorstad van Kaapstad aan die spoorlyn wat oor Wynberg tot in Simonstad loop. Dit is hoofsaaklik 'n nywerheidsgebied, maar bied ook blyplek aan heelwat mindergegoede inwoners.

Die voorstad was vroeër die tuiste van 'n aansienlike Afrikaanse gemeenskap met 'n eie kerk, NG gemeente Woodstock, en skool, Laerskool Tafelberg, maar met die geleidelike verval van die voorstad en die verbetering van Afrikaners se ekonomiese posisie het bykans alle Afrikaanssprekendes mettertyd die voorstad verlaat vir aangenamer voorstede verder van die middestad.

Sien ook[wysig]