Bo-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bo-Kaap
Bo-Kaap straattoneel
Bo-Kaap straattoneel
Ligging van Bo-Kaap op 'n kaart (Kaapstad)
Bo-Kaap
Bo-Kaap
Koördinate: 33°55′15″S 18°24′55″O Koördinate: 33°55′15″S 18°24′55″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Kaapstad
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 8001
Skakelkode(s) +27 (0)21

Die Bo-Kaap is 'n deel van Kaapstad in Suid-Afrika wat voorheen as die Maleierbuurt bekend gestaan het. Dit is aan die hange van Seinheuwel bo die middestad geleë en is die historiese sentrum van die Kaapse Maleierkultuur in Kaapstad. Die bevolking is ongeveer 6000 waarvan ongeveer 90% moslem is.

Geskiedenis[wysig]

Een van die tien Moskees in die Bo-Kaap
Bo-Kaap huis

Die inwoners van die Bo-Kaap is meestal afstammelinge van slawe wat deur die Nederlanders en Britte in die 16de- en 17de eeue ingevoer is. Hulle was afkomstig van ander dele van Afrika, Indonesië, Java en elders in Asië. Hoewel hulle as Kaapse Maleiers bekend gestaan het is die term nie streng gesproke korrek nie aangesien slegs 'n klein persentasie uit Maleisië afkomstig was. Die voormalige slawe het hulle na die afskaffing van slawerny in die Bo-Kaap gevestig. Die Bo-Kaap het 10 moskees waarvan Auwal Moskee volgens oorlewering die eerste, en ook die oudste moskee in Suid-Afrika is. Imam Abdullah Kadi Abdus Salaam, ook bekend as Tuan Guru, was die eerste imam by die moskee. Die Auwal moskee is in 1798 tydens die eerste Britse besetting van die Kaap gevestig en was die hoog godsdienstige instelling tussen 1804 en 1850. Die Auwal moskee was 'n Shafi`i moskee en is volgens die doktrines van Moslems van Indonesiese oorspong bedryf. Dit het meegebring dat meer as 90% van die Moslems in die Bo-Kaap tot vandag toe Shafi`i volgelinge is. Die moskee was ook van die begin af 'n simbool van die stryd wat die Kaapse moslems gevoer het vir erkenning van hulle geloof en vryheid van aanbidding.

Daar is ook drie karamatte (moslem graftombes) en twee agter die Bo-Kaap op Seinheuwel. Die karamatte in die Bo-Kaap is geleë in die Tana Baru moslem begraafplaas wat in 1840 deur die Kaap imans aangekoop is. Tana Baru is in 1886 in terme van openbare gesondheidsregulasies gesluit. Die karamatte in die Bo-Kaap is ter ere van Tuan Nuruman, Tuan Sayeed Alawse en Tuan Guru opgerig en die teen Seinheuwel ter ere van Sheikh Mohammed Hassen Ghaibie Shah en Tuan Kaape-ti-low.

Die Jamia Moskee is die eerste moskee waarvoor daar spesifiek grond verskaf is en staan daarom ook as Koningin Victoria Moskee bekend. Dit is die grootste moskee in die Bo-Kaap en die vyfde oudste in Suid-Afrika. Die minaret is in 1832 gebou en later in 1914 vergroot.

De Waterkant was aanvanklik ook deel van die Bo-Kaap en is soos die res van die Bo-Kaap deur afstammelinge van die slawe bewoon. In 1966 is bepaal dat kleurlinge en swart mense in terme van die Groepsgebiede Wet uit De Waterkant na die Kaapse vlakte geskuif moes word. Inwoners van Loaderstraat was die tweede groep om geskuif te word wat mee gebring het dat die enigste bruin mense in die Bo-Kaap, die was wat bo Strandstraat gewoon het. Met die toepassing van die groepsgebiede wet het De Waterkant 'n wit buurt geword. Dit is ondertussen as 'n Nasionale Bewaringsgebied verklaar en word geleidelik gerestoureer volgns riglyne wat gemik is op die beskerming van die argitektuur wat in die 18de eeu deur die slawe gebruik is.

No. 71 Walestraat is vandag die Bo-Kaap Museum. Die gebou is in 1763 deur Jan de Waal gebou. Hy het ook 'n aantal huurhuisies in die Bo-Kaap gebou. Die huis is gerestoureer om 'n “Maleierhuis” uit die 19de eeu voor te stel. Die museum stel die kulturele bydraes wat deur die vroeë Moslemsetlaars, waarvan baie geskoolde kleremakers, skrynwerkers, skoenmakers en bouers was. Dit bevat 19de eeuse meubels wat 'n voortreflike Kaapse opklaptafel eetkamertafel, Kaap-Regency-styl stoele en 'n bruidskamer versier om by die bruid se rok te pas.

Die museum kan onderskei word deur die huis se voorstoep met 'n bank op die een punt wat die polariserende aspek van die Kaapse moslem kultuur benadruk.

Argitektuur[wysig]

Die Bo-Kaap se karakter het begin vorm aanneem tussen 1790 en 1840. Die huise word gekenmerk deur beide Nederlandse en Britse invloed. Die oudste huise word aangetref in die onderste deel van die Bo-Kaap tussen Dorpstraat en die strandgebied. Die huise is meestal skakelhuise maar daar is ook vrystaande huise. Dit is veral die fasades van die huise wat saam met die plat dakke, stoepe en helder kleure die voorstad se unieke karakter bepaal. Huise is meestal omtrent 6 meter wyd. Sommige huise het 'n L-vorm met 'n klein tuin aan die agterkant. Vensters en vensterrame is meestal uit hout, djati- of dennehout, in Kaapshollandse, Georgiaanse of Victoriaanse styl.

Moskee Datum Adres
Auwal Moskee 1794 Dorpstraat 34
Palm Tree Moskee 1820 Longstraat 185
Nurul Islam Moskee 1844 Buitengragchtstraat 134
Jamia Moskee 1850 Onder-Chiappinistraat
Moskee Shafee 1859 Bo- Chiapinnistraat
Hanafee Moskee 1881 Hoek van. Long & Dorpstraat
Masjied Boorhaanol Moskee 1884 Longmarketstraat
Quawatul Islam Moskee 1892 Loopstraat
Nurul Mohamadia Moskee 1899 Vosstraat
Nurul Huda Moskee 1958 Leeuwenstraat

Eksterne skakels[wysig]