Vishoek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vishoek
Uitsig oor Vishoek
Uitsig oor Vishoek
Ligging van Vishoek op 'n kaart (Kaapstad)
Vishoek
Vishoek
Koördinate: 34°08′10″S 18°25′48″O Koördinate: 34°08′10″S 18°25′48″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Kaapstad
Stigting-Nedersetting 1660's
Stigting-Dorp 1916
Oppervlak
 - Voorstad 17,83 km²  (6,88 vk m)
Hoogte m (16 vt)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 11 890
 - Digtheid 880/km² (2 300/vk m)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7974 (Busse)
7975 (Strate)
Skakelkode(s) +27 (0)21

Vishoek was voorheen 'n afsonderlike dorp maar is nou 'n Kaapstadse voorstad aan Valsbaai, sowat 29 km suid van die middestad met die elektriese spoorlyn wat oor Wynberg hierlangs tot in Simonstad loop.

Geskiedenis[wysig]

Die destydse dorp is in 1916 aangelê en het in 1940 munisipale status verwerf, alhoewel die eerste nedersetting reeds in die 1660's hier gevestig is tydens die kommandeurskap van Zacharias Wagenaer. Dit is hoofsaaklik 'n woongebied, met min of geen nywerhede nie, en 'n baie gewilde strandoord. Ingevolge sy oorspronklike titelakte is geen drankverkope hier toegelaat nie, dieselfde as in Pinelands.

Vishoek het, anders as ander suidelike voorstede van Kaapstad, steeds 'n redelike groot Afrikaanse gemeenskap met 'n eie laerskool, die Laerskool Paul Greyling, wat in 2008 128 leerders van gr. 1 tot gr. 7 gehad het en in 2012 137. Die leerders het gewoonlik hulle skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Zwaanswyk, 'n voormalige Afrikaansmedium-hoërskool in die suidelike voorstad Retreat, wat in 2007 ook parallelmedium geword het, maar deesdae is dit die engelstalige Fish Hoek High School. Die NG gemeente Vishoek se lidmaattal het verbasend tussen 2000 en 2007 van 1 000 tot 1 293 toegeneem, vergeleke met 'n gedurige afname in die ring van Wynberg se getal belydende lidmate. Teen 2012 het dit egter drasties afgeneem tot 743, hoewel die gemeente steeds twee leraars gehad het.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.