Gugulethu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gugulethu
Ligging van Gugulethu op 'n kaart (Wes-Kaap)
Gugulethu
Gugulethu
Koördinate: 33°59′00″S 18°34′00″O Koördinate: 33°59′00″S 18°34′00″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kaapstad
Oppervlak
 - Voorstad 6,49 km²  (2,5 vk m)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 98 468
 - Digtheid 15 000/km² (38 849,8/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskodes 7750, 7752, 7756
Skakelkode(s) 021

Gugulethu is 'n voorstad van Kaapstad, Suid Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Die naam Gugulethu is afgelei van die Xhosa woorde igugu lethu wat beteken ons trots. Guguletu is in die 1960s gestig as gevolg van die oorbevolking van Langa. Gedurende die Apartheid-era is swart Suid-Afrikaners nie toegelaat om in die sogenaamde "blanke" areas te woon nie. Menige persone, wat as "anderskleurig" geklassifiseer is, is uit areas soos Distrik Ses na Guguletu, Nyanga en Langa verwyder.

Vroeg op die oggend van 3 Maart 1986 is sewe jong mans in Gugulethu deur die polisie, gelei deur lede van die Vlakplaas-eenheid, doodgeskiet. Die sewe mans was almal lede van die African National Congress se gewapende eenheid Umkonto we Sizwe ("Spies van die nasie") en het in later jare as die Gugulethu-sewe bekendheid verwerf. Die Gugulethu-sewe-gedenkstene is op die plek waar die sewe gesterf het, op die hoek van NY1 en NY111 strate, in Gugulethu opgerig.

Mzoli's[wysig]

Toeriste by Mzoli's in Gugulethu

Gugulethu is die tuiste van Mzoli's, wat in Wikipedia beroemheid verwerf het omdat die stigter van Wikimedia, Jimmy Wales, 'n Wikipedia-artikel daaroor begin het wat deur gebruikers nie as belangrik genoeg beskou is nie en op die skraplys gesit is. Dit het by die Engelse Wikipedia tot 'n debat gelei oor watter artikels ingesluit moet word en watter nie. Daar is wyd uiteenlopende menings hieroor tussen die skrappers en insluiters by Wikipedia.


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg